ToekomsVenster: Christus is my hoop

(Foto: Catalin Pop/Unsplash)

“Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees.” – Johannes 15:11 (AFR83)

Blydskap en vreugde is terapeuties. Somberheid is aansteeklik, negatief en ontneem jou van lewensenergie. Blydskap is ʼn keuse, dis ver meer as ʼn gevoel. Dis ʼn lewenshouding. Dit is onverhandelbaar in die lewe van ʼn gelowige.

Blydskap word nie deur omstandighede bepaal nie. Paulus bevind hom in die gevangenis in Rome as hy sy Filippense-brief skryf. Die brief vibreer met die boodskap van blydskap. Jesus het betaal, dis klaar en afgehandel. My skuldbrief is aan die kruishout vasgenael. Ek is skuldig, maar vrygespreek.

Christus is op die troon. Hy tree vir my in by die Vader. Hy verteenwoordig my in die hemelse raadsaal. Christus se graf is leeg.

Die dood hou geen bedreiging in nie. Ek wens dit nie nader nie, maar as dit dan my beurt is om van hierdie bestel, ja net tydelik, afskeid te neem dan is dit tot weersiens en nie vaarwel nie. Ek kom terug. Saam met Hom terug om vir altyd in sy volmaaktheid te deel.

Christus is die verskil, Hy maak die verskil. Sy kruis en leë graf keer die geskiedenis op sy sy. Ons leef elke dag vanuit daardie werklikheid. Christus is my hoop. Omstandighede dikteer nie meer hoe ek voel nie. Die beloftes van God in sy Woord is ja en amen en eweneens vir my.

Halleluja.

Dis Vrydag, maar Sondag kom.

  • Wil jy meer weet oor die ToekomsVenster-projek? Stuur ʼn e-pos aan ds. Jannie Pelser by [email protected] vir nog inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.