Gedagte vir die dag: Seën verander lewens

Argieffoto (Foto: Guillaume de Germain/Unsplash)

“Mag Hy jou hartsbegeertes vervul en al jou planne verwesenlik.” (Psalm 20:5)

Skrifgedeelte
Psalm 20:5 (NLV)

Oordenking
Wat ʼn pragtige seënbede wat oor my en jou uitgespreek word! Onthou, ʼn seën (in Jesus se Naam), wat in geloof uitgespreek en in geloof aanvaar word, is ʼn kragtige bevestiging van God se goedheid. Dit kan lewens verander.

Dink aan die effek wat dit gehad het toe ʼn volwassene of onderwyser vir jou as kind jou sterkpunte uitgewys het of jou verseker het dat jy suksesvol sal wees. Dit het jou aangespoor, nie waar nie? Sulke uitsprake bly jou by en maak jou sterk. Net so ook as iemand namens God sê: “God het jou lief, God sal vir jou sorg, God sal jou voornemens laat geluk.” Sulke woorde het geweldige krag! Seën ander mense ook op dié wyse.

Gebed

Vader, maak my woorde ʼn seën – nooit ʼn vloek nie. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.