Mafe erken: ‘Ek hét parlement aan brand gesteek’

Zandile Mafe (Foto: Gianluigi Guercia/AFP)

Zandile Mafe, die man wat daarvan beskuldig word dat hy verlede jaar se verwoestende brand by die parlementêre kompleks in Kaapstad gestig het, se regspan moes hom Donderdag in die hooggeregshof in Kaapstad tot bedaring probeer bring.

Mafe het skreeuende uit die aanhoudingselle gekom en daarna ʼn 15 minute lange uitbarsting in die hof gehad.

Volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het Mafe tydens die uitbarsting erken dat hy die parlementsgebou aan die brand gesteek het en dat “hy dit weer sal afbrand tensy dit na Bloemfontein of Pretoria verskuif word”.

Hy het ook politieke uitsprake gemaak waarin hy gesê het dat betogings in die land plaasgevind het weens sy aanhouding.

Regter Nathan Erasmus het ná Mafe se uitbarsting gesê Mafe sal nie die hofverrigtinge kan volg of ʼn behoorlike verdediging voorhou nie, aangesien hy nie die onregmatigheid van sy optrede besef nie.

Die verdediging moes ingryp om Mafe te help kalmeer sodat die verrigtinge kon voortgaan.

“Die verdedigingsadvokaat het ʼn uitstel van ses weke versoek om ʼn psigiater van hul keuse te kry wat met Mafe en die paneel van deskundiges sal konsulteer en dan ʼn verslag sal saamstel. Dit sal hulle help om te bepaal of hulle die verslag van die paneel van die Fort England- psigiatriese hospitaal sal betwis,” sê Ntabazalila.

Die verdediging het aan die hof gesê hulle het gesukkel om ʼn psigiater te kry om te help, maar het nou die dienste van ʼn kundige bekom.

Erasmus was nie te vinde hiermee nie en het gesê hy het vroeër vandeesweek ʼn e-pos gestuur om by die partye navraag oor die stand van sake te doen.

“Ek het geen reaksie ontvang nie, behalwe van die aanklaer wat sê dat hy e-posse aan die verdediging gestuur het, maar dat hy nie ‘n antwoord gekry het nie. Dit was om myself voor te berei vir vandag se verhoor wat in die middel van ʼn hofreses is. Ons het onsself beskikbaar gestel, ons het met die IT-afdeling in die hofgebou en almal anders gereël om hier te wees. Dit is absoluut onaanvaarbaar,” het die regter gesê.

Erasmus het beklemtoon dat Mafe die reg het om die verslag te betwis.

“Aan die ander kant kan ek nie vir Mafe wat in ʼn hospitaalsaal in die tronk sit, die skuld gee vir wat vandag gebeur het nie. Ek verstaan ook dat die beskuldigde in die Oos-Kaap aangehou is en eers kort voor sy hofverskyning hierheen gebring is. Dit sou dus moeilik gewees het om by die inhoud van die verslag betrokke te raak.

“Ek vind daardie vertraging onaanvaarbaar, hoewel ek tot vandag toelating verleen het vir hierdie saak om oorweeg te word, of die verdediging die bevindings van die paneel wil betwis of nie, aangesien die staat aangedui het dat hulle die verslag aanvaar.”

Erasmus het daarna ʼn laaste uitstel tot 10 Augustus toegestaan.

Maroela Media het vroeër berig Mafe is verlede maand in die hospitaal van die Pollsmoor-gevangenis opgeneem. Dit volg op sy opname in Maart in die Fort England- psigiatriese hospitaal in die Oos-Kaap waarheen hy vir 30 dae lange waarneming gestuur is om te bepaal of hy die dag van die misdryf toerekeningsvatbaar was.

Erasmus het onlangs ʼn elektroniese verslag van deskundiges ontvang wat Mafe se psigiatriese waarneming gedoen het. Die inhoud van die verslag is steeds nie bekend gemaak nie.

Mafe staan tereg op aanklag van huisbraak met die doel om ʼn brand te stig, brandstigting, terrorisme en diefstal. Die klagte spruit uit die brand op 2 Januarie verlede jaar by die parlement.

Lees die vorige berigte oor die saak hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Seef ·

En so gaan elke “act” in die sirkus voort. Dit is om van naar te word!

Papsak ·

Hoor hoe gaan hy tekere is vieslik en kyk sy woorde hy sal weer dit doen dit nie sy besluite nie hy is van die straat af en dit gaan doen hy verdien n swaaar straf laat hy n les geleer word

Frank ·

Voel amper asof ‘n swartskaap gesoek was en hy homself nou in die swartskaap rol ingedroom het

Sonblom ·

Mafe, ek het nuus vir jou. Die “whites aren’t the murderers”. Jou regering is! Die ANC is amper 30 jaar aan bewind en kyk wat het julle. Kyk wat het ons almal. Die regering waarvoor jy stem, kyk net na hulle self en gee nie om vir “our people” nie. Maak oop jou oë!

DEON ·

Onnosele man, duidelik het hy geen idee wat werklik aangaan nie. Hoop hy word aangekla vir haatspraak ook.

Johan Tredoux ·

Hy herhaal n gevoel wat hy nie verstaan nie. Maklik om sulke mense op te stook en dit maak hom n gevaarlike pion.

Vonkprop ·

Sjoe gelukkig bly ek in die 2% van die land wat nie gevat is nie. Dit was nou naby.

Lillian ·

Daar was nog nooit iets fout met hom verstandelik nie, hyt willens en wetens die parlement gebou as die brand gesteek, want wat weet hy van enigiets af? Sy regering het hom gefaal, maar so na amper 30 jaar is als steeds die witman se skuld. Gerieflik.

Estelle ·

Hy is heeltemal te veel “lugtyd” gegee, hy het net nog meer rassehaat verkondig.

Chris dupreez ·

Hy makeer niks. Hoe kan hy iets makeer as hy weet hy het die parlement aan die brand gesteek, en ook as hy weet hoekom hy witmense haat. Ek dink nog steeds hy is n rooipet lakei.

Tsek! ·

Julle speel vir tyd – dit kos die land onnodige geld. Sluit hom toe en gooi die sleutel weg.

My siening ·

Die clown speel goed nar en hof val daarvoor, hy weet presies wat aangaan maar die red faksie het hom getrain!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.