Fase 6 skop vas

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Fase 6-beurtkrag sal die hele naweek, dag én nag, geïmplementeer word.

Eskom het ʼn kort ruk gelede aangekondig dat fase 6 van Vrydag om 05:00 regdeur die naweek geïmplementeer moet word in ʼn poging om sy noodreserwes aan te vul.

Die koue weer van vandeesweek het die kragvoorsiener genoop om van sy noodreserwes gebruik te maak en die noodreserwes is nou uitgeput.

Eskom sê hy was ʼn toename in die vraag na elektrisiteit te wagte veral weens Maandag en Dinsdag se koue. Die vraag na elektrisiteit het egter hierdie verwagting oortref.

Dit het ook nie Eskom se saak gehelp dat sommige opwekkingseenhede Sondag die gees gegee het nie.

ʼn Opwekkingseenheid elk by Grootvlei, Hendrina, Lethabo, Tutuka, twee opwekkingseenhede by Arnot en Matla en drie opwekkingseenhede by die Kriel-kragstasie het sedert Sondag onklaar geraak.

Daar is boonop tans ʼn vertraging in die herstel van ʼn opwekkingseenheid by die Kendal-kragstasie en twee opwekkingseenhede by die Tutuka-kragstasie.

Daar is tans 3 090 MW nie beskikbaar nie weens beplande instandhouding. Altesaam 17 679 MW is ook nie weens onbeplande onderbrekings beskikbaar nie.

Eskom sê ʼn hoë fase van beurtkrag oor die naweek sal hom hopelik in staat stel om volgende week ʼn laer beurtkragfase in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Alex ·

Wha ha ha ha lekker lag ek nou. Waar is die groot monde wat reken ons sien einde van beurt krag en hulle is vol in beheer. Onthou groot bekke, daar kan ook net 2 liter water in n 2 liter bottel ingaan. Daar kan net 2 liter uit gaan en meer kan jy nie uithaal as die kapasiteit wat dit kan gee nie.

Frank ·

Ja, die minister se bravade was van BAIE korte duur.
Soos die geval met hulle almal is: totale gebrek aan insig en visie

Johan Tredoux ·

Wat mens nie dood maak nie, maak mens sterker. Behalwe as mens kla…

Jr ·

Die anc is die grootste leuenaars wat daar is. Zumpie het geuiter die einde van beurtkrag, toe die Squirrel Cyril, en nou die kraglose mini *ster van donkerte. Ja nee * maybe pigs can fly in July *

Anel ·

Hoopelik maak dit die mense se oë oop. En as ek van sonkrag gebruik wil maak het dit niks met die regering te doen nie! Julle hoef nie daarvan te weet nie!!!!

Koos 100 ·

Behalwe as hulle vir jou geld daarvoor terug gee. Dan is hulle aandeelhouers en kan in die toekoms eise stel!

Strandloper ·

Noodreserwes is nou uitgeput…wat nou electric pietie? Dalk net dalk moet jy jouself fire!

Dewald ·

Kom ons toets die netwerk en sit alles aan .Kyk of ons eishkom kan knak

Helena ·

Hul het André probeer in swak lig sit….. Toe vang naas ñ haas! Ek sit AL vir 9 ure sonder krag! Wonder watter fase is ek nou????…. Seker 15?……Dankbaar vir my gasstofie☕…. Whoop whoop????…. Voel net jammer vir my 60 jarige vrieskas wat so swaar kry????????????

Johan Tredoux ·

Verdedig die skatryk akteur maar indien dit jou laat beter voel.

SjN ·

Cyril, jou kader minister van elektrisiteit rook iets anders, nie die pyp nie, fire hom ook, hy kom ook nie die mas op nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.