(Luister) Vyf minute finansies: Die skuldstrik

Paul Roux, ‘n finansiële adviseur van FinMeUp, in die Maroela Media-ateljee. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Kenners waarsku ons gereeld daarteen, maar deesdae is skuld vir die gewone persoon onvermydelik. Hoe hanteer ʼn mens skuld, en hoe maak as jy aan die slegte kant van skuld beland?

Die een na die ander skuldberadingsmaatskappye duik ook deesdae op, maar wie kan ons vertrou?

Maroela Media het hande gevat met Paul Roux van FinMeUp, ʼn groep kenners in finansiële beplanning en opvoeding, vir ʼn opwindende nuwe podsendingreeks wat geldsake vir Jan Alleman verteerbaar maak.

In die jongste episode verduidelik hy die verskil tussen “goeie” en “slegte” skuld en deel praktiese wenke om jou skuld stuk vir stuk te takel.

  • Luister na die volledige episode boaan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.