Mkhwebane: ‘Ek keer vandag terug werk toe’

Die geskorste Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Busisiwe Mkhwebane, geskorste Openbare Beskermer (OB), is van voorneme om Dinsdag terug te keer werk toe.

LP’s in die Nasionale Vergadering (NV) stem Maandag vir of teen die verslag van die parlement se art. 194-komitee waarin aanbeveel word dat Mkhwebane van haar amp onthef word.

Mkhwebane voer in ʼn skrywe aan pres. Cyril Ramaphosa aan dat sy egter vandag sal terugkeer werk toe aangesien die art. 194-komitee se werk volgens haar nou afgehandel is. Sy voer aan dat die tydperk van haar skorsing verstryk het aangesien pres. Ramaphosa haar geskors het “hangende die afhandeling van die ondersoek” van die art. 194-komitee.

“Daarom en as ʼn saak van hoflikheid en protokol het adv. Mkhwebane vir pres. Ramaphosa in kennis gestel dat sy op Dinsdag 5 September 2023 weer by die werk sal aanmeld,” lui ʼn verklaring wat Mkhwebane op X gedeel het.

Pres. Ramaphosa het in antwoord verskeie punte uiteengesit waarom Mkhwebane se interpretasie verkeerd is, en gesê sy het geen reg om terug te keer werk toe nie.

Die kantoor van die OB het gesê Mkhwebane se skorsing bly effektief en dat sy nie langer ʼn werknemer is nie.

Adv. Glynnis Breytenbach, DA-LP en die party se woordvoerder oor justisie en grondwetlike ontwikkeling, meen Mkhwebane se jongste pogings is ʼn “demonstrasie van misplaaste arrogansie” en “beklemtoon bloot dat sy eenvoudig nie geskik is vir haar doel nie”. Breytenbach het daarop gewys dat die howe voorheen bevind het dat Mkhwebane ʼn fundamenteel gebrekkige begrip van die gereg en die Grondwet het.

Mkhwebane se siening dat sy kan terugkeer werk toe, is foutief, wys Breytenbach daarop.

“Die art. 194-proses sal gefinaliseer word deur die stemming in die Nasionale Vergadering op 11 September, en nie voor dié datum nie. Mkhwebane, en wie ook al haar raad gee, behoort dit te weet.

“Enige terugkeer na die amp voordat daardie verrigtinge afgehandel word, sal teen haar kennisgewing van skorsing en ʼn verleentheid wees wat onwaardige gevolge moet hê.

“Mkhwebane sal goed aangeraai word om dit te heroorweeg. Sy begunstig geensins haar eie saak nie, en sy dink ook nie aan die gevolge van haar optrede vir die amp nie.”

Die art. 194-komitee het bevind Mkhwebane moet uit haar pos verwyder word op grond van onbevoegdheid en wangedrag soos vasgestel deur die getuienis voor die komitee.

Die komitee is op 16 Maart 2021 gestig om ʼn grondwetlike ondersoek te doen na die OB se geskiktheid om die amp te beklee.

Mkhwebane se sewejaar-termyn verstryk op 14 Oktober.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Harry ·

I have never seen a more entitled person in my life, if ever you wonder why SA is in the state it’s in remember that this is the mentality of the majority of Saffas.

Pannies ·

Vir 7 jaar was daar effektief nie n OB nie, en sy het volle betaling gekry.
Daar was geen afslag vir die arme belastingbetaler nie.
Hy het net al die regskostes en n departement wat nie gewerk het gekry.

annie ·

Soos Zuma, keer sy terug werk toe. Hy gaan glo ook vir die ANC stemme werf… en volgende jaar keer hy ook terug werk toe….

Marthinus Johannes ·

Hoekom veg sy so naarsigtelik daarteen, is dit uiterste arrogansie, nie in staat om vir haarself te dink nie of is daar ook n geld koffertjie wat lê en wag.

Wondermaarnet ·

Sy veg omdat sy ‘n astronomiese salaris betaal word om niks te doen nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Arresteer haar aan en kla haar aan vir betreding. ‘n Nag of twee in die tronk sal haar terugbring aarde toe.

Faraway ·

Gebrekkige begrip van die grondwet . . . en sy kon heerlik 7 jaar daarin bly en betaal word

Aanhouer ·

Glo die gebou het sekuriteit wat haar kan verhoed om die gebou fisies/ fisiek, te betree?

Kokerboom ·

Wie gaan pa-staan vir die verspilde uitgawes van R65mil+ op die kader?

JohanR ·

Laat haar terugkeer maar met NIKS om te doen. Sy sal gou verweeld raak. Probeer nog hard om haar R10 miljoen te kry.

Karoo ·

Tenminste DOEN sy nou iets om haar salaris te verdien i. p. v by die huis sit en dit net te kry. Of… dalk gaan sy terug om te kyk watse nonsens sy nog kan aanvang.

Peetjie ·

Die vrou klou vas soos Bollie aan ñ wolkombers.. Wil sy haar spore gaan doodvee of Wil sy net nog meer marakas maak? Is daar nou règtig niks wat haar Kan besef sy is history nie…of is dit die goue handdruk waarvoor sy wag?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.