Ná amper vyf uur se spel het Carlos Alcaraz ʼn titaniese Wimbledon-eindstryd teen Novak Djokovic gewen.
Lees meerAlles vir Sondag 16 Julie 2023
Week in foto’s
Rampe, mense se goedheid en die skoonheid van die natuur. Beleef dit alles in foto’s.
WK-wynplase onder wêreld se top 50
Die top 50 wynplase in die wêreld is vandeesweek in Spanje aangekondig, en drie van die Wes-Kaap se wynplase is by dié lys ingesluit.
Vuurwapenregister moet nóú reg – SAAADA
Die South African Arms and Ammunition Dealers Association (SAAADA) het hom opnuut tot die hof gewend sodat vuur onder die polisie gemaak kan word om eindelik sy sentrale vuurwapenregister (SVR) te laat digitaliseer.
Vloede kos Cederberg miljoene
Die wydverspreide reënbuie wat sowat ʼn maand gelede dele van die Wes-Kaap laat oorstroom het, het veral die Cederberg-munisipaliteit se sak getap met al die herstelwerk wat aan noodsaaklike infrastruktuur benodig word.
Vlieënier sterf ná sweeftuig neerstort
ʼn Vlieënier is dood verklaar nadat sy gemotoriseerde sweeftuig by ʼn vliegveld wes van Gauteng neergestort het.
VSA, Europa braai uit; Asië oorstroom
Miljoene mense in die VSA, Europa en Asië moes die afgelope tyd rekordtemperature verduur, wat in sommige van dié gebiede ook verwoestende reën ten koste van menselewens tot gevolg gehad het.
Meer as net fietsry; hierdie is ‘pelgrimstog’
ʼn Uitmergelende fietsryrit wat oor 2 150 kilometer se berge, dale, yskoue rivierstrome, uitdagende bergpasse en die verlate vlaktes van ʼn onbekende Suid-Afrika strek.
Para-atletiek: Só vaar span SA in Parys
Lig hoog die hoede vir die deursettingsvermoë en wilskrag van enige para-atleet, al is die medalje-oes maar skraal.
Toeskouer laat helfte van Tour de France val
Die Tour de France het Sondag skaars die 15de been van dié wêreldbekende wedren afgeskop toe ʼn toeskouer glo sy arm uitgesteek het net toe die peloton verbygekom het.
Regverdige verkiesing in Zim ook in SA se belang
“Solank die ANC-regering die Zanu-PF-regime beskerm, sal Suid-Afrika voortgaan om ʼn duur prys te betaal met die instroming van vlugtelinge uit Zimbabwe,” sê die DA.
Europese migrante: korttermynkrisis, langtermynprobleem
Sommige Westerse lande se pogings om onwettige immigrante in te neem met ʼn kultuur van oordrewe verdraagsaamheid, het ʼn beeld geskep dat dit aanvaarbaar is om onwettig te immigreer en omdat migrante nie meer ʼn minderheid is nie, begin hulle op al hoe meer kwessies aanspraak maak.
Komitee oorweeg om ‘toesig oor presidensie’ te verbeter
ʼn Afvaardiging van die reëlskomitee van die Nasionale Vergadering sal volgende week na die Verenigde Koninkryk gaan om te leer hoe daar beter toesig oor die presidensie gehou kan word.
Fikse oud-Bok inspireer steeds
Stefan Terblanche (nou 48 jaar oud) lyk of hy steeds moeiteloos met ʼn verdediger kan afreken. Die voormalige Springbok gesels oor fiksheid, oefening, sy rol by die komende Wêreldbeker-toernooi en die Bokke se kanse om hul titel suksesvol te verdedig.
Novak jag agtste Wimbledon-titel
“Carlos (Alcaraz) is jonk. Hy is gemotiveerd. Hy is honger vir sukses. Maar ek is ook baie honger; kom ons skuif nader vir ʼn tennisfees!”
OB probeer van komiteevoorsitter ontslae raak
Die aansoek kom skaars twee weke voordat Qubudile Dyantyi sy werk in verband met die bevoegdheid van adv. Busisiwe Mkhwebane as Openbare Beskermer moet afhandel.
Springbokke hou nog koers
Die groot vraag wat ná Saterdag se tweede reeks wedstryde in vanjaar se Rugbykampioenskap gevra word, is watter span tevrede kon gaan slaap het.
SA, Rusland praat oor Oekraïense graanuitvoere
Die Russiese president, Wladimir Poetin, het aan pres. Cyril Ramaphosa gesê dat ʼn ooreenkoms wat Oekraïense graanuitvoere toelaat, nie ʼn wêreldwye voedselkrisis aangepak het soos belowe is nie.
Wanda Bam wil gesonde gemeenskappe help kweek
“As goed verkeerd gaan in die land, moet ons daaroor kan gesels en gesprekke aan die gang kry om oplossings te vind. Dít gaan net gebeur as ons eerlik gesels.”
Nog twee vas wat glo trokke brand
Tot dusver is vier mense in Mpumalanga in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by die aanvalle, terwyl nog iemand in Limpopo vasgetrek is.