WK-wynplase onder wêreld se top 50

(Foto: Creation Wines/Facebook)

Die top 50 wynplase in die wêreld is vandeesweek in Spanje aangekondig, en drie van die Wes-Kaap se wynplase is by dié lys ingesluit.

World’s Best Vineyards stel jaarliks ʼn lys bekend wat van die beste wynplase oor die hele wêreld ten toon stel.

Vanjaar het Creation Wines in die Hemel-en-Aardevallei die top vyf gehaal en is ook aangewys as die beste wynplaas in Afrika, ʼn toekenning wat dié wynlandgoed al vir etlike jare behou.

Klein Constantia het die 32ste plek opgeraap, en Delaire Graff in Stellenbosch het die 36ste plek behaal.

Nog twee wynplase is onder die top 51 tot 100, met Benguela Cove in Walker Bay in die 53ste plek en Tokara in Stellenbosch in die 93ste plek.

Mireille Wenger, Wes-Kaapse LUR van finansies en ekonomiese geleenthede, sê die Wes-Kaap het uitstekend gevaar.

“Die toekennings erken slegs die heel beste in wyntoerisme,” sê sy.

Die noemenswaardige toekennings kom enkele dae nadat die Verenigde Koninkryk se Telegraph-reistoekennings vir 2023 Kaapstad en Suid-Afrika as onderskeidelik die beste stad en land in die wêreld aangewys het.

“Dit is bemoedigend dat die res van die wêreld steeds die uitstekende toerisme-aanbiedinge wat ons in die Wes-Kaap en in die pragtige Suid-Afrika het, erken,” sê Wenger.

“Ek glo dat ons provinsie en land alles het wat nodig is om sukses te behaal. Daarom sal ons voortgaan om met alle vlakke van die regering, die private sektor en alle belanghebbendes saam te werk om die groei van toerisme, asook ander sektore moontlik te maak.”

Creation Wines in the Top 5 of the World's Best Vineyards in 2023! ????????Fine wine ???? is made by fine people and without…

Posted by Creation Wines on Thursday, July 13, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

melaney ·

Om met alle vlakke van die regering saam te werk is als goed en wel. Dit hang af hoeveel $$$ jy in hul hande gaan stop om jou doel te bereik.

Nommer 7 ·

Wat ek net nie kan verstaan nie, is dat beter ingevoerde wyne goedkoper is, ondanks die swak wisselkoers en vervoer kostes hierheen. Word ons ingedoen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.