Die 13-jarige Wyatt Kauffman vertel hy het op sy hurke gesit en met een hand aan ʼn rots vasgehou toe hy sy greep verloor en agteroor geval het.
Lees meerAlles vir Maandag 14 Augustus 2023
Duisende weer by gratis ‘parkeweek’ verwag
“Dit is belangrik dat Suid-Afrikaners die waarde daarvan sal besef om nasionale parke te besoek. Die parkeweek gee hulle die geleentheid om volhoubare bewaring te beoefen, kultuur en erfenis te bewaar en te vier, en dit speel ʼn kardinale rol om gemeenskappe wat grens aan parke te bemagtig deur werkskepping.”
Jaco Swart vlug uit SA met vriend se paspoort
Die veroordeelde vroueslaner Jaco Swart het versuim om vandag in die hof te verskyn vir die beweerde aanranding van ʼn polisievrou.
Aanval op werker moet ‘keerpunt’ in staking wees – Tshwane-burgemeester
“Die aanval moet ʼn keerpunt wees in die onbeskermde Samwu-staking wat die ontwrigting van dienste, die sabotasie van infrastruktuur en die intimidasie van medewerknemers tot gevolg het.”
Biesiesvlei-boer was ‘gelukkigste’ op plaas
“Hy wou nog altyd boer. Hy was op sy gelukkigste in die geselskap van die natuur, sy beeste en sy honde.”
VSA se Ryderbekerspan; Mickelson se dobbelary
Amerika se Ryderbeker-kaptein, Zach Johnson, sit met ʼn tameletjie slegs twee weke voordat hy sy span vir die gesogte tweejaarlikse kragmeting met Europa bekend moet maak.
ToekomsVenster: Kom op vir asem
Sjoe, ek dink dat dit ʼn wonderlike “asem-gebed” is, ʼn gebed waarin jy net vir een enkele oomblik dink aan die Een wat die lewe moontlik en die moeite werd maak.
Kolfsensasie Brevis opgeroep vir Protea-diens
Brevis, wat verlede jaar die voorste lopiemaker by die o.19-wêreldbeker was, het reeds sy buiging in verskeie franchise-kompetisies wêreldwyd gemaak.
Só raak orgaanoorplasings pasiënte se geld én gemoed
“Ten spyte van al die kostes, beteken die lewensgehalte wat orgaanoorplanting bied, dat pasiënte bereid is om enigiets te doen om ʼn skenker te vind. Daar is geen koste groter as die koste van jou lewe nie.”
Lichtenburg-kragkrisis: Oliepers al 12 dae sonder krag
Sou die aanleg met behulp van kragopwekkers produseer, sal dit in elk geval 90% van die winste opslurp weens die hoë brandstofkoste.
Mighty Men vir Mosselbaai beplan
“Ons is so opgewonde om te sien wat God in die Mosselbaai-omgewing gaan vermag.”
Dié minibustaxi loop op krag
“Meer as 70% van alle ritte wat in Suid-Afrika onderneem word, word in die informele sektor in ʼn minibus gedoen. Ons hoop daarom om die ombouing van sommige van die 250 000 minibusse in die land na elektriese aandrywing aan te moedig.”
Video: Skote afgevuur op vragmotor op pad na Lebombo-grenspos
ʼn Video van die voorval wys hoe ʼn bakkie die vragmotor volg, terwyl ʼn sedan met geel flikkerende ligte voor die vragmotor ry. In die video kan gehoor word hoe minstens agt skote klap.
Afrikaanse Taaldag op luisterryke wyse gevier
Afrikaanse Taaldag of Afrikaanse Boekdag word op 14 Augustus gedenk en só word dit deur die taalgemeenskap gevier.
Finale aanmaningsbrief oor Eskom se krag
Ná 19 dae sonder betroubare krag wil die DA en die Ditsobotla-dienstevereniging hulle tot die hooggeregshof wend vir ʼn dringende bevel om die situasie reg te stel.
Só lyk beurtkragfases vir hierdie week
Kry die jongste vooruitsig vir die volgende paar dae se beurkragfases hier.
Kommer oor oeste in China ná swaar reën
Die drie noordoostelikste provinsies – Heilongjiang, Jilin en Liaoning – staan bekend as China se graanskuur en is verantwoordelik vir meer as ʼn vyfde van die land se graanproduksie. Talle gewasse het reeds nou versuip.
Werktuie gaan skitter by nuwe demo-dag
“Hierdie fondse gaan in ons gemeenskappe aangewend word om veiligheidstelsels op te skerp wat opleiding, kommunikasie, patrollies en instandhouding van infrastruktuur insluit.”
Teleurstelling ná saak teen Fochville-beskuldigdes teruggetrek is
Alle aanklagte is Maandag teen Maryna Doyle, haar kêrel, Sidney Scheepers, asook Twane Wienand en Dave Lourens teruggetrek.
Vrugbaarheid ʼn stille stryd ná kankerdiagnose
“Teen alle verwagtinge in, is ons gebede beantwoord en word ons geseën met die kosbaarste geskenk.”