Qubudile Dyantyi, voorsitter van die komitee, het herbevestig dat die komitee hou by sy hersiene pad vorentoe, aangesien Mkhwebane nou die fondse en toegang het tot ʼn opdraggewende prokureur.
Alles vir die sleutelwoord "Openbare Beskermer"
Komitee gaan met of sonder OB se samewerking ondersoek afhandel
“Die komitee sal nie verhinder word om te beraadslaag en sy bevindinge te maak op grond van die getuienis voor hom nie.”
OB-komitee vir soveelste keer vertraag
Lede van die komitee het ook die bewerings van omkopery wat tans nuusopskrifte haal, uitgewys en gepoog om dit op die agenda van die komitee te plaas.
Ná nog vertragings móét Mkhwebane nou getuig
Die speaker van die Nasionale Vergadering het intussen haar kommer uitgespreek oor die voortdurende bewerings van korrupsie wat in die media gemaak word teen sekere lede van die art. 194-komitee.
Afpersbewerings rakende OB net nog ʼn ‘vertragingstaktiek’
Bewerings dat hoëprofiel-parlementslede glo gepoog het om adv. Busisiwe Mkhwebane af te pers om die ondersoek na haar te staak, is net nog ʼn vertragingstaktiek.
OB-komitee weer vertraag oor Mkhwebane-regshulp
Die kantoor van die OB het dit aan die begin van Maart duidelik gemaak dat hy net tot einde Maart vir Mkhwebane se regskoste kan betaal. Nieteenstaande dit is ʼn verdere R4 miljoen beskikbaar gestel.
OB-ondersoek uitgestel oor Mkhwebane se regsverteenwoordiging
Die komitee het gehoor die OB se kantoor het sedertdien ʼn verdere R4 miljoen beskikbaar gestel om die proses af te handel.
Mkhwebane getuig oor ‘viktimisasie, jaloesie’
Busisiwe Mkhwebane, geskorste Openbare Beskermer (OB), beweer sy is geviktimiseer bloot omdat sy haar werk gedoen het en dat regters jaloers op haar is omdat die remediërende optrede van die OB bindend is.
Mkhwebane te siek om te getuig
Daar is intussen ook kommer oor Mkhwebane se regsverteenwoordiging wat slegs tot einde volgende week deur die kantoor van die OB betaal word.
Kommer oor ‘vertragingstaktieke’ deur OB, regspan
Die parlement se artikel 194-komitee, wat gelas is met die proses oor die moontlike verwydering van adv. Busisiwe Mkhwebane as OB, moes Donderdag weer sy sitting kortknip na ʼn week van vertragings en uitstelle.
Mkhwebane vies oor regspan se onbetaalde rekening
Die kantoor van die openbare beskermer, wat moet opdok vir Mkhwebane se regskoste, betwis ʼn gedeelte van die uitstaande rekening.
Madonsela gedagvaar om voor komitee te verskyn
Madonsela het in ʼn brief die versoek dat sy as getuie voor die komitee moet verskyn, van die hand gewys.
OB-komitee: Madonsela moet kom getuig
Die komitee het verder beraadslaag oor die OB se aansoek om pres. Cyril Rampahosa, DA-LP Natasha Mazzone, die adjunk-OB en huidige waarnemende OB, adv. Kholeka Gcaleka, en minister Pravin Gordhan te dagvaar om voor die komitee verskyn.
OB versoek getuienisleiers moet vervang word
Mpofu het spesifiek verwys na gebeure tydens die getuienis van Neels van der Merwe, senior bestuurder vir regsdienste in die kantoor van die OB, waar die name en fooie van verskeie swart advokate en prokureurs bekend gemaak is.
OB-getuienisleier gekap oor ‘rassistiese stereotipes’
ʼn Herrie het ontstaan nadat die regspraktisyns en die bedrae wat hulle ontvang het tydens ʼn sitting van die komitee bekend gemaak is.
‘Komitee skend OB se regte, is boendoehof’
Mpofu het ook uitgevaar oor die bekendmaking van regslui se name en hoeveel hulle betaal is en gesê dié regslui en hul families se lewens is in gevaar gestel.
Komitee hoor van OB-kantoor se stygende regskoste
Die kantoor van die Openbare Beskermer (OB) het in die afgelope ses jaar sowat R147 miljoen aan regskoste bestee, asook derduisende rande aan beeldpoetsers.
OB se regspan stap uit komitee
Adv. Dali Mpofu het uit die sitting van die parlement se artikel 194-komitee, wat gelas is met die proses oor die moontlike verwydering van Busisiwe Mkhwebane as Openbare Beskermer (OB), gestap en gesê hy kan nie meer deel van “enige van die onwettige aktiwiteite” wees nie.
OB-komitee se getuienisleier bly
Die UDM het ʼn aansoek ingedien vir die verwydering van Bawa.
DA wil appelleer oor OB
Die DA meen die hooggeregshof se uitspraak is onderhewig aan bekragtiging deur die Konstitusionele Hof.