OB versoek getuienisleiers moet vervang word

Die geskorste Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Twitter)

Die parlement se artikel 194-komitee wat gelas is met die proses oor die moontlike verwydering van adv. Busisiwe Mkhwebane as Openbare Beskermer (OB), het Maandag ’n aansoek deur die OB aangehoor om getuienisleiers te verwyder of te vervang.

Adv. Dali Mpofu, namens Mkhwebane, het gesê die aansoek is om getuienisleiers wie se gedrag hulle diskwalifiseer om hul pligte na te kom, te verwyder of te vervang.

Mpofu het spesifiek verwys na gebeure tydens die getuienis van Neels van der Merwe, senior bestuurder vir regsdienste in die kantoor van die OB, waar die name en fooie van verskeie swart advokate en prokureurs bekend gemaak is.

Mpofu het gesê die getuienisleiers het versuim om enige vooraf waarskuwing aan die betrokke advokate en prokureurs te gee. Hy het verder gesê dat hulle ook versuim het om konteks te gee aan die bedrae wat bekend gemaak is wat betref die tydperk waartydens die fooie verdien is, die aantal sake, die kompleksiteit van elke aangeleentheid, die hoeveelheid werk wat gedoen is en die toepaslike belastingaftrekkings en ander gepaardgaande uitgawes.

Adv. Dali Mpofu (Foto: Gianluigi Guercia/AFP)

Die getuienisleiers is ook advokate en hulle het geweet dat hul optrede die privaatheid en waardigheid van hul kollegas en die regsberoep as geheel benadeel, het Mpofu aangevoer. Volgens hom het hulle geweet hul optrede sou die betrokke advokate en prokureurs professionele skade berokken en het hulle nie om verskoning gevra vir die “seer” wat hulle veroorsaak het nie. Hy het gesê die getuienis oor die regskoste was heeltemal irrelevant.

Mpofu se tweede klag hou verband met een van die getuienisleiers, adv. Nazreen Bawa, se ondervraging van Muntu Sithole, wat volgens hom op kruisondervraging neergekom het. “Die getuienisleiers het geen reg om te kruisondervra nie, bloot omdat hulle, anders as die OB, geen weergawe het om aan te voer of by wyse van kruisondervraging te toets nie. Hulle het ook nie die reg om enige getuies te ‘diskrediteer’ nie.”

Mpofu het vroeër die dag ook die bystand van die komitee versoek om getuies te dagvaar, aangesien vyf reeds óf aangedui het dat hulle onwillig is om teenwoordig te wees óf nie gereageer het op versoeke om as getuie voor die komitee te verskyn nie. Hy het aangedui bystand word benodig om te verseker dat minister Pravin Gordhan, adv. Thuli Madonsela en DA-LP Natasha Mazzone as getuies verskyn.

Die komitee gaan vandag voort met sy beraadslaging oor die aansoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

AndrewL ·

Tipies. Dinge loop skeef vir hulle, nou moet ander daarvoor blameer word.

Dit is maar net nog vertragingstaktiek.

Pierre ·

Zuma Stalingrad taktiek, hulle lees uit dieselfde hadboek.

Owlie ·

Wat het geword van respek teenoor mede kolegas, konfidentialiteit wat werks beleid, sakarosse, hofsake aan betref, waar is die dae wat ons summer uit ons poste ontdkaan is sou ons so optree?????????

domheks ·

‘FIRE’ die vrou en kry klaar! Hulle mors tyd en geld! Zupta voorbeeld!

Suzette ·

Hierdie kader hou net nie op nie – sy gee nuwe betekenis aan die woord arrogansie..

minnie muis ·

kan die anc kader nie besef sy het haar” best before date” bereik nie

My siening ·

Sy is veronderstel om die publiek te beskerm maar sy beskerm net haar self en haar politieke maaitjies. Die waarnemende PP lyk na een wat haar werk wel doen!

Kokerboom ·

Hoe lank moet ons nog na die gekerm, agterbaksheid en gekonkel luister en dit verdra.MET belastingbetalersgeld??CR stop die twak en hou op om jou verantwoordelikhede te ontduik! Kry ruggraat!!

Pietertjie ·

Die taktiek klink baie bekend. Die probleem is dat hulle wegkom daarmee.

Lurock ·

Nog ‘n kader wat nooit ooit sal boet nie. Uitstel op uitstel tot haar tyd klaar is en dan is dit nog ‘n saak onder die mat. Die vorige president het sy kaders goed geleer.

Jr ·

Dhali Mphoofie hap hap hap die bubbels ou maat. Wouldn’t even want you to represent me in a traffic fine

Nico ·

aaroor kla sy, sy is mos met vol betaling geskors, wie betaal haar salaris, die belasting betaler.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.