Die DA is by navraag daaroor ingelig dat Steve Mabona bykomende veiligheidsdiens aangevra het nadat hy glo dreigende telefoonoproepe ontvang het.
Lees meerAlles vir Vrydag 9 Junie 2023
Rook van Kanada-veldbrande selfs sigbaar in Noorweë
Die Amerikaanse president, Joe Biden, het gesê dat Amerika ekstra hulpbronne na Kanada sal stuur, waaronder bykomende brandbestryders en brandbestrydingstoerusting. Die land het reeds in Mei 600 brandbestryders oorgestuur om noodbystand te verleen.
Kontrakteurs wat staat besteel, moet op swart lys verskyn
Konstruksiemaatskappye doen toenemend aansoek om likwidasie en kan dan sodoende nie die projekte voltooi nie, al het hulle reeds gedeeltes van die projekfondstoekenning geëis.
Nuwe maselsgevalle aan’t afneem
Daar is steeds geen gevalle van masels in die Oos-Kaap aangemeld nie.
54 klagte teen vermeende Rwandese volksmoordenaar
Die verdediging het vandag die hof ingelig dat hul kliënt van die Pollsmoor-gevangenis in Kaapstad na die Helderstroom-gevangenis in Caledon oorgeskuif is, wat dit vir hulle moeilik gemaak het om met hul kliënt te konsulteer.
Jong generasie ontrafel Afrikaans-wees in dié gesprek
“Met dié gesprek wil ons erkenning aan die kleurryke en diverse wortels van Afrikaans en sy sprekers gee.”
ToekomsVenster: ‘U goedheid en liefde sal by my bly’
Uiteindelik vind hierdie Psalm sy volle vervulling in die ewigheid. Inderdaad iets om na uit te sien, maar tot dan bly Psalm 23 ʼn rigsnoer vir die lewe.
Ramaphosa weet van versoek oor plaasmoorde
“Wetteloosheid het wortelgeskiet op ons plase en in landelike gemeenskappe, maar niks word gedoen om die vlaag aanvalle beslissend te bekamp nie,” sê die DA.
Handwerk: Hekel ’n blokkie
Met hierdie drie splinternuwe oumablokkie-ontwerpe kan jy ʼn kombers, mus of trui hekel.
‘Hans steek die Rubicon oor’, ‘Die tragiese saak van Pamina Vermaak’ by Silwerskermfees te sien
Die Silwerskermfees beskik vanjaar oor drie kategorieë: vollengte rolprente, kortflieks en dokumentêre.
Verdagte vas ná aanval op Askham-boer
André du Toit (54) is buite sy vleiskamer deur ʼn verdagte gekonfronteer en deur die regterlong geskiet.
Hoofspeurder van Villiers vermoor
Ao. Neels du Rand is vier keer in die rug geskiet en in sy bakkie in ʼn veld gelos.
Beurtkrag draai dié naweek by fase 1
Soos sake nou staan, sal fase 1 Saterdag vanaf 05:00 tot 16:00 ingestel word, gevolg deur fase 4 tot Saterdag middernag.
‘Asseblief, mnr. President … los nasionale gesondheidsversekering’
Die DA sê NGV sal die land nie net in bankrotskap dompel nie, maar duisende sterftes tot gevolg hê en kundige dokters en medici landuit jaag.
Arbeidshof kasty prokureurs wat ‘hopelose’ sake bring
Die regspanne is selfs verbied om enige gelde van hul kliënte te verhaal “om die eenvoudige rede dat albei sake hopeloos in wet en feite was”.
Vuiste klap by skolerugby toe ouers spelers bestorm
In video’s van die voorval kan gesien word hoe spelers in Zayo Academy-sportdrag gegryp word.
Draaipunt vir elektriese voertuie?
Volvo het pas ʼn haas uit die hoed getrek met die bekendstelling van sy jongste elektriese voertuig, die EX30 – nie net met sy prys nie maar ook sy reikafstand.
Video: Dié super-vragskip laat SA se (uitvoer)wiele rol
Suid-Afrika voer jaarliks honderde duisende voertuie uit. Dit word per skip gedoen en Maroela Media het gaan kyk hoe lyk só skip.
Swiatek jag ’n derde titel in Parys
Iga Swiatek, die wêreld se voorste vrouespeler, het beloof dat sy gereed sal wees om Karolina Muchova se aanslag in die eindstryd van die Franse Ope af te weer.
Een van dié 12 vroue is die nuwe Mej. SA
Onder dié groep vroue is ‘n prokureur, sportwetenskaplike, apteker en ‘n hoogs gekwalifiseerde finalis met grade in sielkunde en mediese sosiologie.