Beurtkrag draai dié naweek by fase 1

(Argieffoto: Unsplash)

Fase 3-beurtkrag sal Vrydag vanaf 16:00 tot middernag ingestel word.

Soos sake nou staan, sal fase 1 dan Saterdag vanaf 05:00 tot 16:00 ingestel word, gevolg deur fase 4 tot middernag.

Hierdie patroon word na verwagting Sondag herhaal, sê Eskom in aanloop tot die naweek.

Altesaam 2 497 MW was teen Vrydag middagete nie beskikbaar nie weens beplande instandhouding, terwyl 16 546 MW weens onbeplande onderbrekings verlore gegaan het.

Eskom sê ʼn opwekkingseenheid elk by Kendal en Lethabo en twee opwekkingseenhede by die Camden-kragstasie is die afgelope 24 uur weer in diens gestel.

ʼn Opwekkingseenheid elk by Arnot en Matla het terselfdertyd die gees gegee.

Verdere vertragings in die terugkeer van ʼn opwekkingseenheid elk by Arnot, Grootvlei en Hendrina dra tans by tot die huidige kapasiteitsbeperkings.

“Eskom se spanne werk daaraan om hierdie opwekkingseenhede oor die volgende paar dae weer in diens te stel,” sê die nasionale kragverskaffer.

Só lyk die naweek se beurtkrag:

Begin EindigFase
Vrydag 16:0024:003
24:0005:00
Saterdag05:0016:001
16:0024:004
 24:0005:00
Sondag 05:0016:001
16:0024:004

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jannie van Niekerk ·

Dis absoluut NIKS om oor te spog nie. Die woord “beurtkrag” behoort bloot nie eers te bestaan nie.

Papsak ·

N skande hierdie woord kom nie eers voor in n woordeboek nie waar kom eskom aan dit nee wat gaan aan ek se stemmery kom julle pateties

Eugene ·

Shame. Ek gaan beslis nie dankie se nie. Julle fire de Ruyter, terwyl daar nog beurtkrag is.

Andries ·

Dit nader mos nou weer stemtyd na stemmery weer terug na fase 6 en opwaarts

Duck ·

En so glo julle ook mos in Vader Krismis, Easter Bunny en die Tooth Fairy

Jr ·

Snaaks hoe daar altyd 16000 MW nie beskikbaar is nie elke dag nou vir amper hoe lank. Dit beteken vir my dat die onbevoegtes kan niks reg maak nie. Vreemd rerig vreemd. Of is dit nie reggemaak om oortyd te kry soos in baie dorpe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.