Vuiste klap by skolerugby toe ouers spelers bestorm

(Foto: Skermskoot)

ʼn Rugbywedstryd tussen twee Gautengse skole het die afgelope naweek in ʼn liederlike vuisgeveg ontaard toe ouers die rugbyveld bestorm en glo sommige van die rugbyspelers bygedam het.

Die voorval het op Hoërskool Erasmus op Bronkhorstspruit se rugbyveld gebeur ná ʼn rugbywedstryd tussen die eerste spanne van dié skool en Zayo Academy in Groenkloof in Pretoria.

Francois van Tonder, afrigter van Zayo Academy se eerste rugbyspan, sê spelers van die twee spanne het aan die einde van die wedstryd slaags geraak voordat sommige ouers van Hoërskool Erasmus glo op die veld gehardloop en die spelers van die Zayo Academy bestorm het.

In video’s van die voorval kan gesien word hoe spelers in Zayo Academy-sportdrag gegryp word.

“Met ses minute se speeltyd oor, was die telling 31 – 29 in die guns van Hoërskool Erasmus. Zayo Academy het ʼn strafskop gekry wat die telling na 32 – 31 in die guns van Zayo laat draai het,” vertel Van Tonder aan Maroela Media.

(Foto: Skermskoot)

“In die laaste vyf minute van die wedstryd het Zayo Academy ʼn drie gedruk. In die opbou tot die drie, het Zayo se vleuel teen die kantlyn afgehardloop en voor hy uitgeduik is, het hy die bal binnetoe aangegee vir sy medespeler wat die drie gaan druk het.

“Die spelers van Erasmus het ʼn groot bohaai opgeskop dat die speler van Zayo oor die kantlyn getrap het toe hy die bal vir sy medespeler aangegee het. Ouers van Erasmus wat sowat tien meter weg was, het ook gesê die Zayo-speler was uit. Die skeidsregter en lynregter het bevestig dat die speler nie uitgetrap het nie en die drie is toegeken.”

Volgens Van Tonder het die ouers van Hoërskool Erasmus daarna oor die afbakening na die rugbyveld gespring en op die lynregter en skeidsregter begin vloek, terwyl hulle ook fisiek bygekom is.

“Hulle het die lynregter die k-woord toegesnou. Ek het nader geloop en vir die ouers gesê hulle moet aan die anderkant van die afbakening staan.”

Nadat gemoedere gekalmeer het, is die wedstryd hervat. Hoërskool Erasmus het die bal aangeslaan en die skeidsregter het die eindfluitjie geblaas, vertel Van Tonder.

“Die seuns het begin hand skud en vir geen verklaarbare rede nie het die haker van Erasmus een van ons flanke met die vuis bygekom. Die spelers het mekaar daarna gegryp.”

Van Tonder sê die situasie het handuit geruk toe Erasmus se ouers op die rugbyveld gehardloop en “fisiek met die spelers van Zayo geraak het”.

“Dit was skokkend om te sien hoe die personeel van Erasmus eenkant gestaan en niks gedoen het nie.”

Volgens Van Tonder het sommige ouers van die Zayo-spelers ook later op die veld gehardloop.

“Dit is verstaanbaar, want geen ouer sal staan en toekyk hoe sy of haar kind geslaan word nie.”

Cathy van Tonder, skoolhoof van Zayo Academy, sê die skool is geskok oor die voorval.

Die skool het ʼn brief aan die Blou Bul-skolerugbyvereniging – wat Maroela Media onder oë gehad het – gerig om die vereniging oor die voorval in te lig.

In die brief dui Cathy aan dat sy die polisie die betrokke dag gebel het, maar hulle het nie opgedaag nie.

Volgens Cathy ontvang sy dreigemente sedert die voorval en die skool loop deur onder “lelike en afbrekende kommentaar”.

Sy sê sommige van die leerders wat aangerand is, is erg getraumatiseerd.

“Die een seun wil glad nie meer rugby speel nie,” vertel sy.

Etienne Rossouw, skoolhoof van Hoërskool Erasmus, wou nie oor die aangeleentheid kommentaar lewer nie.

Hy het aan Maroela Media bevestig dat ʼn ondersoek aan die gang is en sê die beheerliggaam sal mettertyd ʼn verklaring uitreik.

Maroela Media het ook  ʼn navraag aan die Gautengse departement van onderwys gerig, maar wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Wielspore ·

Ouers wat nie selfbeheersing kan toepas hoort nie by skole rugby wedstryde.

KatjieDeKat ·

Wat n gemors. Ek kan nie glo hoe mense heeltemal kop verloor soos met hierdie voorval nie. Rugby, like all sport, should primarily be fun. Maybe a career opportunity if you’re really good at it. Good grief it’s not like the team that loses gets executed after the match!

Andries ·

Maak ni saak wie wat begin het ni – dit is skokkend! Dis n sport geleentheid en ni n saamtrek vir/van straat boewe ni. Maar, kinders moet hulself mos besig hou terwyl Pa en Ma kerjakker. Dus selfoon en rekenaar speletjies is di ‘antwoord’.
Dí is meesal baie geweldadig en laat n blywende invloed op kinders

Gerrit ·

Waar val jy uit met die selfone en rekenaar speletjies asook ouers wat karjakker? Dis reeds die sport kinders wat nie heeldag aan lyn sit of met speletjies besig hou nie. Dis n hartseer incident wat ek glad nie goed praat nie. Maar onthou dis eerste span seuns met hormone wat hoog loop. Die ouers is absurd om die kinders te wil gryp. In my dae het dinge heeltemal anders gebeur. Die gene wat die storie begin het moet maar die gevolge dra.

KatjieDeKat ·

Ek dink dis eerder SA se kultuur om n afgod van rugby te maak wat te blameer is, Andries. Dit begin by die ouers, kindertjies sien van kleins af hoe hul pa’s en ander ooms, soms ook ma’s en ander tannies, heeltemal fanaties is oor rugby. Rugby is soos n fanatiese godsdiens vir die meeste Suid Afrikaners.

Koen ·

Daar slaan jy die spyker op sy kop. Selfs SA uitverkoop vir ‘n gekoopte wereldbeker wen.

ES ·

Nee wat Andries, ek het met gewelddadige rekenaarspeletjies groot geword en dit het geen “blywende invloed” op my of my vriende wat deel daarin gehad het nie. Hierdie is net ongedissiplineerde kinders. En ja dit is hul ouers se skuld, maar daar is asboluut geen wetenskaplike bewyse dat rekenaarspeletjies of die media enige invloed het op gewelddadigheid van kinders nie.

Vonkprop ·

Kan hierdie mense net eens en vir altyd dit in hulle koppe kry dat dit ‘n sport is. Twee spanne speel, een sal altyd wen en span sal altyd verloor. Besluite word deur mense gemaak en is nie altyd korrek nie. Volgende keer wen of verloor die ander span weer. Word groot!

Katinka ·

Op duimpie julle stem saam met bakleiry, af duimpie julle stem nie saam?

Brenda ·

Skokkend, ouers moet hulle plek ken. Geen wonder kinders vandag is so geweldadig nie ouers stel n mooi voorbeeld.

ES ·

Ouers moet nie langs die veld toegelaat word nie. Hulle moet tot die pawiljoene beperk word. Jy sien nie mense langs die veld op provinsiale of internasionale rugby byeenkomste nie.

sonneblommekie ·

Wat se vieslike voorbeeld vir die kinders.
Walglik!
Sies vir die ouers.
Sport is daar om te geniet, wen of verloor.

marius ·

Pateties! Dit gaan nou weer rasse herrie ontketing . Laat jul kinders leer en vergeet die sport .

miche ·

Jy is 100 % reg, VaalDonkie.
( Dit klink egter vir my hul was reeds gesuip toe dit gebeur het). Is dit hoe hul hul kinders leer om probleme op te los?

Daizee ·

Ai tog!!, baie skole toeskouers vergeet vinnig ná die afskop dat hulle na skole sport kyk en nie Springbok rugby nie!!!

Koen ·

Dis mos hoe die volk rol. Skreeu vieslikhede vanaf die kantlyn. Daarna aanranding. Lekker mense, die.

VaalDonkie ·

As ek by ‘n bar instap en daar hang ‘n rugbytrui agter die bar, dan draai ek maar weer om en loop.

Woes ·

Want almal dink mos hulle seuntjies is Springbokke. Walglik om die minste te sê.

TheSnake ·

Al die drama … oor een ou wat nie behoorlik uitgetrap het nie. ROOI KAART! As jy uit trap, doen dit behoorlik of glad nie.

TheSnake ·

Dis hoekom ek vir my kinders gesê het as ek uitvind een van hulle is onder die eerste 10 met kleure sport uitdunne, sny ek hulle haksteen senings af met ‘n snoeiskêr!

Pim ·

Laat mense nou so ‘opgewonde’ kan raak oor skole rugby, regtig. Erasmus sou in elkgeval verloor het as mens die berig lees. Dis baie duidelik niemand het hulle ooit enige lesse in goeie sportmanskap geleer nie. Die skool en ouers behoort hulle te skaam!

Rooikoos ·

Eerstens, is ek lief vir sport. Ek kan net nie verstaan hoekom hierdie onsinnig spel wat op ons afgedruk was deur on aartsvyande, die Britte, ons so verswelg nie. Die is die mense wat ons vrouens en kinders vermoor het in die Boereoorlog.
Die is die spel wat die ANC so musbruik het in 1995 om ons te laat glo ons is ‘n reenboognasie.
Snert man, Afrikaners, los asb hierdie afgod vir altyd uit. DIS hoekom God nie meer belangstel in ons nie.

Gerrit ·

En dan? Gee ons oor in stryd van daar is geen wenners nie. Los asb Godsdiens uit dit.

Goldy ·

Afrikaners het hul ekonomiese en politieke mag verloor om rugby internasionqql te kan speel, dit was n groot rede vir die ja stem.

Goldy ·

Dis hartseer om te sien hoeveel mense op veral die afrikaanse platteland steeds glo hulle kan loopbaan van rugby maak. Sulke skole sit rugby voor ander baie belangriker aktiviteite soos entrepreneurskap, robotika, wiskunde en wetenskap, wat die eintlike bronne van toekomstige loopbaangroei is.

Kokerboom ·

Moet ons nou hoë heinings rondom rugbyvelde ook sit om enige boewe uit te hou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.