Ramaphosa weet van versoek oor plaasmoorde

Argieffoto.

Pres. Cyril Ramaphosa se kantoor het die DA ingelig dat die president die party se versoek na ʼn kommissie van ondersoek na plaasaanvalle en -moorde ontvang het.

Noko Masipa, die DA se woordvoerder oor landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, sê só ʼn kommissie “sal voorsiening maak vir ʼn deeglike ondersoek na die onderliggende oorsake van hierdie soort misdade”.

“Dit sal boonop aanbevelings kan doen vir omvattende maatreëls om ons boeregemeenskappe te beskerm.”

Die DA sê daar is al hoe meer gevalle van plaasaanvalle en -moorde landwyd. Die afgelope week was sommige van dié aanvalle in Limpopo en die Wes-Kaap – en dit het tot die dood van verskeie slagoffers gelei.

“Ongeag hoe gereeld plaasaanvalle en -moorde plaasvind, word daar verstommend genoeg nie veel gedoen om ons boere te beskerm teen misdadigers wat ons landelike gemeenskappe terroriseer nie,” sê Masipa.

“Wetteloosheid het wortelgeskiet op ons plase en in landelike gemeenskappe, maar niks word gedoen om die vlaag aanvalle doeltreffend te bekamp nie.

“Sou ons voortgaan om landelike misdaadvoorkoming as ʼn onafhanklike deel van die voedselproduksiewaardeketting te beskou, sal ons voortgaan om ons boere en plattelandse inwoners aan misdaadnetwerke bloot te stel.

“Dit help nie die regering maak net beloftes oor landelike veiligheid sonder om dit met tasbare optrede op te volg nie.”

Masipa sê Bheki Cele, minister van polisie, het versuim om tydens sy jongste begrotingstoespraak enigiets te sê oor die vordering wat met landelike veiligheid en misdaadvoorkoming gemaak is. Dít ondanks die landelike veiligheidstrategie wat hy onlangs ontwikkel het.

“Daar is reeds twyfel oor die polisie se verbintenis om landelike misdaad te bekamp weens beloftes wat vantevore verbreek is,” sê hy.

“Die lewe van ons boere en landelike gemeenskappe is in groot gevaar en Ramaphosa kan óf kies om die DA se versoek na ʼn kommissie van ondersoek toe te staan, óf hom blind hou terwyl misdadigers ons boeregemeenskappe terroriseer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Eugene ·

Ramp-phosa weet van plaas moorde, maar Hy doen niks. As Hy wil optree, sal Hy die doodstraf herinstel.

Danie ·

Hy weet van die versoek.En as hoof van die land ontken hy aan die weste en ander lande dat daar n probleem is met plaasmoorde.So wat gaan hy doen?Niks.

JohanR ·

DA moenie die man pla nie. Hy was eers te besig om geld onder die kussings te tel, en toe mense weg te slaan met ‘n besem oor LadyR, en nou is sy gedagtres net by Rusland en Oekraine. Hy sal in 2029 by plaasmoorde uitkom! Dit is tog maar net meeste wit boere!

Kobus ·

Hy sal eers geskok wees en dan ‘n kommissie aanstel wanneer hy bygekom het.

Morné ·

Die ondersoek gaan so lui, die plaasmoorde word gepleeg a.g.v apartheid. Einde van die versalg en die kostes vir die ondersoek is R120 miljoen

Sarel ·

Jammer….die sg. Komissie sal gekei word deur
ANC Amptenare..so moet nie veel.meer as toesmeerdery verwag nie..

Marina ·

Plaasmoorde dra ongelukkig die stille goedkeuring van die regering weg, want “our people” soek mos grond. Wel, in Zimbabwe het hulle op die harde manier geleer dat mens nie grond kan eet nie! Onthou, die vetkatte in die regering gee nie n fenter om vir die gewone ou op straat nie. Hulle vul hul sakke en spring op die eerste vliegtuig Kuba/ China/ Rusland toe die oomblik wat hul volgelinge hulle tot verantwoording gaan roep. En dan is dit weer van voor af die “boere” se skuld…

Sean ·

Ramapoza het vir president Trump gesê daars geen plaasmoorde in suid afrika nie

Papsak ·

Ja ek stem as hy iets om gegee het vir ons boere wat vir hom ook kos op sy tafel sit sou hy al vinniger op getree het maar hy worrie net oor sy mense vir die cholora dit is al wat hom worrie dit mos wit wat val so hy dink so what

Waarnemer ·

Raai wag gaan ou cyril se besluit wees…om die oproep van die DA te ignoreer en hom blind te hou.

Nettie ·

Julle dink blykbaar nog steeds om hulle te VRA om ons hulp en genadig te wees, sal hulle oortuig om menslikheid te wys. Wanneer, WANNEER, Afrikaners, gaan julle besef dit gaan nooit kom nie?

Jul vra al vir 30 jaar vir beter behandeling, en wat kry julle daarvoor? Erger en erger behandeling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.