Terwyl die departement van binnelandse spook om net ID’s of geboortesertifikate tydig uit te reik, moet hy nou nog spook om duisende visumaansoeke van Zimbabwiërs ook te verwerk.
Alles vir Vrydag 9 Junie 2023
Woede ná robbe se gru-dood
“Die aanvalle op die robbe is ʼn aaklige voorval en behoort deur iedereen betreur te word.”
Woord: norring
Ken jy die woord “norring”?
Trump wéér aangekla
“Ek het nooit gedink dit is moontlik dat so iets met ’n voormalige president van die Verenigde State kan gebeur nie,” sê Donald Trump op sy sosialemediaplatform Truth Social.
Só herbedink Taalkommissie standaardtaal vir Afrikaans
Die Taalkommissie is van mening dat dit tyd geword het om die term ‘Standaardafrikaans’ te vervang.
Fliekresensie: ‘Beste Spidey-animasiefliek nóg’ slaan jou katswink
Dit verander jou siening van helde, en selfs Spider-Man, vir altyd.
Morné se laaste skop
Hoe lekker sal dit nie wees nie as Morné Steyn vir oulaas die wedstryd vir sy span met ʼn komkommerkoel stelskoppoging beklink?
Luister: Is jy dalk ʼn perfeksionis?
Dus skoei ʼn tipe 1 van die Enneagram hom- of haarself daarop om reëls en morele wette te volg, orde te skep en die omgewing te beheer.
Resep-video: Tipsy-tert
Hierdie tradisionele lekkerny sal ʼn heerlike versnapering tydens jou volgende familiekuier wees.
Só vra jy om verskoning as jy op hond se poot trap
Kenners verduidelik wat die beste manier is om om verskoning te vra wanneer mens per ongeluk op ʼn hond se poot of stert trap.
Leesgeletterdheid bepalend vir mens- én nasiewees
Lees is die grondslag waarop individue hulle persoonlike en sosiale identiteite ontwikkel.
Teaterman vir kunstefees op water vereer
“Ek is dankbaar vir elke persoon wat bereid is om hierdie fees saam met my aan te pak.”
Eskom-vrystelling ‘oorwinning vir deursigtigheid’
Solidariteit het die minister van finansies se aankondiging verwelkom dat Eskom se vrystelling oor verslagdoening oor verkwiste uitgawes opgeskort is. Nadat die vrystelling op 31…
OB-komitee vir soveelste keer vertraag
Lede van die komitee het ook die bewerings van omkopery wat tans nuusopskrifte haal, uitgewys en gepoog om dit op die agenda van die komitee te plaas.
Ramaphosa besoek Hammanskraal wyl cholera-sterftes styg
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag Hammanskraal besoek oor die waterkrisis wat daar ervaar word terwyl die sterftesyfer weens die cholera-uitbreking in die land intussen tot 31 gestyg het.
Musk se Neuralink en ‘mensprogrammering’
Daar word ook soortgelyke implantate ontwikkel wat in die oog of rugmurg ingeplant kan word om mense weer te laat sien of hulle mobiliteit te verbeter. Dit kan blykbaar ook siektes soos geheueverlies, verslawings en depressie help beveg.
Ses wenke vir suksesvolle aanlyn studies
Die buigsaamheid en gerief wat aanlyn studie bied, hou egter soms uitdagings in soos om gemotiveerd te bly en tyd doeltreffend te bestuur.
Lesersbrief: Liewe mens bo 50
Hierdie lewensseisoen is nie die einde van iets nie, tensy jy dit toelaat. Dit is beslis nie die tyd om remme aan te slaan en af te tree nie!
‘Ons wil nie oorlog met Rusland verklaar,’ sê minister oor Poetin-lasbrief
Die minister het ook vrae geantwoord oor die moontlikheid dat die Brics-beraad na ‘n ander land kan skuif, oor die president van die Reserwebank se kommer oor sanksies en die klassifisering van die verslag oor bewerings dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het.
Gedagte vir die dag: Gehoorsaamheid
Luister na My en Ek sal julle God wees. (Jeremia 11:4)