‘Ons wil nie oorlog met Rusland verklaar,’ sê minister oor Poetin-lasbrief

Khumbudzo Ntshavheni, minister in die presidensie (Foto: @GovernmentZA/Twitter)

Die regering besin nog oor wat moet gebeur indien pres. Wladimir Poetin later vanjaar die Brics-beraad bywoon, maar die land wil beslis nie oorlog teen Rusland verklaar nie.

Só het Khumbudzo Ntshavheni, minister in die presidensie, Donderdag tydens ʼn mediakonferensie gesê in antwoord op vrae oor of die Brics-beraad moontlik na ʼn ander land geskuif gaan word en of die regering Poetin in hegtenis gaan neem indien die beraad in Suid-Afrika voortgaan en hy hierheen kom om dit by te woon.

In die stadium word die Brics-beraad steeds in Augustus in Johannesburg gehou. Daar word egter verskeie opsies oorweeg rakende of die beraad dalk na een van die ander Brics-lande geskuif moet word, maar volgens Ntshavheni word hierdie oorwegings gedoen in die beste belang van die land en die handhawing van die oppergesag van die reg.

Oor die Internasionale Strafhof se lasbrief vir Poetin se inhegtenisneming, het Ntshavheni gesê Rusland het reeds gedreig dat dit op ʼn oorlogsverklaring sal neerkom indien Poetin in hegtenis geneem word. “Ek dink nie hierdie land wil hê ons moet oorlog teen Rusland verklaar nie.”

Ntshavheni het Suid-Afrikaners gevra om die Afrika-vredesending na Rusland en Oekraïne te steun aangesien die oorlog tussen die twee lande ernstige gevolge vir die land inhou, naamlik lewenskoste wat die hoogte inskiet, voedselsekerheid wat bedreig word en “allerlei dinge”. Sy meen Suid-Afrika word gestraf oor sy posisie rakende die oorlog al is hy daartoe verbind om die konflik vreedsaam te probeer oplos.

Afrika-leiers, ook pres. Cyril Ramaphosa, sal later vandeesmaand na Rusland en Oekraïne reis in die hoop om vrede tussen die twee lande te bewerkstellig. Die Russiese president, Wladimir Poetin, en Oekraïne se president, Wolodimir Zelenski, het albei verlede maand ingestem om ʼn vredesending uit Afrika te ontvang. Ntshavheni het gesê indien daar ʼn vredesberaad gehou word, kan dit moontlik selfs in Suid-Afrika plaasvind.

Ntshavheni het ook vrae geantwoord rakende Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, se kommer oor moontlik sekondêre sanksies teen Suid-Afrika vanweë sy posisie teenoor Rusland.

“Hy sê gewoonlik die regering moenie kommentaar oor monetêre beleid lewer nie. En net so sal ons wil hê dat die president [van die Reserwebank] nie op politiek moet kommentaar lewer nie.”

Rakende die klassifisering van die verslag wat deur ʼn paneel van ondersoek opgestel moet word oor bewerings dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het, het Ntshavheni gesê daar is reeds dreigemente dat die regering hof toe gesleep kan word hieroor en daarom kan sy nie redes verskaf oor die klassifisering van die verslag nie. “Ons sal egter die regering se standpunt dat die verslag geklassifiseer word, verdedig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Nuustak ·

Oorlog as hulle doen, sanksies as hulle nie doen nie… hoe dit ook al sy; SA is in die moeilikheid

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis nou soos ‘n getroude man met baie vriendinne.

Bulkalf ·

Ek ken die verskil tussen
“bogenja” & “pampoen,
en die is beslis nie pampoen nie.

Wonder ·

Wat gedink word deur (julle) en wat die land weet is heeltemal verskillende goed.

Marius ·

Ek dink nie die regering dink aan enige iets anders behalwe hulself nie , punt……

Christo ·

Lewe regering(ANC). Julle(ANC) het klaar oorlog verklaar met die mense in julle eie land. Niks wat julle(ANC) se of doen verteenwoordig ons as Suid Afrikaners nie. Dis julle(ANC) opsessie met Rusland wat julle(ANC) nog duur testaan gaan kom.

Misky ·

ANC kan nie eens vrede op eie bodem handhaaf nie, wat wil hulle nou probeer vrede maak tussen Rusland en Oekranie?

Strandloper ·

Hallloooooo flinkdink…so oorlog teen die res van die wereld is beter?

Debbie ·

So Rusland maak die besluite. Arresteer my en ons maak oorlog teen julle.

007 ·

Dis g’n oorlog as jy ‘n krimineel inhegtenis neem nie. Maar julle sal dit nie verstaan nie want julle is almal kriminele.

etienne ·

SA (ANC) wil dalk nie oorlog met die Russe verklaar nie, maar SA (ANC)is beslis besig om oorlog te verklaar met ons in- en uitvoer bondgenote soos die UK, en die VSA.

Spook ·

Sy verstaan nie die werk nie. Sê net vir Rusland om sy troepe, tenks en kanonne op te pak, en terug te gaan na hulle kant van die grens. Eenvoudig!!!!

Marthinus W ·

Op voorwaarde dat Amerika haar duisende soldate en haar amper 2000 kernwapens in Europa [Navo] onttrek.

Antonk ·

Nee.Spook.Die russe moet loop sonder wapens,want dit behoort aan suid afrika.

Andre ·

Die Amerikaners , is nie eens deel van die ICC nie, maar slaag steeds daarin om die res van die wereld te boelie, hulle is as onbetroubaar bewys, reeds in 1975 tydens die Angola oorlog….ek sal glad nie vir hulle vetrou nie en Brics is n alternatief vir die oorheersing van die Amerikaners. Kyk bietjie met ander oe daarna, net soos Covert n klug was en n proses was om mense te beheer, is daar vele ander soortgelyke programme. Die toets van die tyd het bewys dat dit nie sameswering teorie is nie, net my 2 sent opinie

Republikein in die Wes Kaap ·

En jy vertrou die Amerikaners? En die Britte? Alweer?

ES ·

Vertel vir mense wat familielede aan Covid verloor het dit was ‘n klug… onsmaaklike kommentaar.

Marthinus W ·

Op die Amerikaanse regering se webwerf waar alle tenders toegeken aangedui word, is n inskrywing, waar n tender aan n maatskappy genaamd Labyrinth toegestaan is, om Covid-19 in Oekraine te skep en te toets. Volgens Tulsi Gabbard is daar 30 biolabs in Oekraine; volgens die Pentagon is dit eintlik 46. Die Wuhan-lab waar die Covid glo uitgelek het, is gefinansier deur n seker Amerikaner met die naam Fauci. [Ongelukkig word al hierdie feite doodgesmoor, en ons word van samesweringsteorie beskuldig.

piet ·

Die waarheid is dat julle as regering reeds duidelik kant gekies het ten gunste van Rusland bloot op grond van jul ideologie. As julle regtig neutraal wil wees, sal julle sorg dat Putin nie hierheen kom nie en vra dat die beraad verskuif na ‘n ander land. As Putin kom, gaan dit veral die VSA en Brittanje (ons grootste handelsvennote) die harnas injaag en kan jy maar vergeet van allerhande toegewings op handelsgebied in die toekoms. Daai lande sal dit nie vergeet nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die VSA is nie deel van die ICC nie. Hulle is nie ‘n faktor nie.

piet ·

Regtig? VSA is ons grootste handelsvennoot, lid van die ICC of te nie. Daar is ook verskeie toegewende handelsooreenkomste in plek wat die VSA daar gestel het,hulle kan dit kanselleer en wat dan?

Republikein in die Wes Kaap ·

En hoe gaan die wêreld oor ‘n skamele 10 jaar lyk? Die Brics Plus gaan die globale ekonomie oorheers. Elke sektor, elke bedryf. Energie, voedsel, vervaardiging, noem maar op. En enorme markte met een geldeenheid om sake mee te doen. Agoa kom teen ‘n prys en gaan in elkgeval tot ‘n natuurlike einde kom. China vervaardig reeds drie keer meer voertuie as Amerika, en 12 keer meer staal. Dinge verander vinnig, piet. Geen wonder die Yanks wil nou weghardloop Maan en Mars toe.

Republikein in die Wes Kaap ·

Feite mater, feite. Maar jou detail mening sal in elk geval waardeer word. Dalk leer ek iets.

Gaitsigubib ·

Ek sien hulle sensor my nou weer, maar dalk glip dit tog deur dat Sjina entlik ons grootste handelsvenoot is. Sjina van Brics.

Andrew ·

Haha, rol hulle die globalist weste n lekker mielie. Hulle wou mos die ANC in bewind sit.

piet ·

Wat bedoel jy, die ANC is demokraties verkies deur ons eie mense of jy nou daarvan hou of nie. Die Apartheidsregering was ondemokraties want slegs 10% van die bevolking kon stem.

Kuver ·

Maar toe het ons n land gehad wat gewerk het, nie bankrot gemaak is deur krimenele nie

Vanessa ·

Dit behoort Rusland ‘n halwe dag te vat om SA te verwoes. Ons staan nie ‘n kans nie. Nie hoe dinge nou lyk nie, miskien 30 jaar terug, maar definitief nie nou nie!!

piet ·

Ek weet nie, hulle sukkel maar met Oekraine. 30 jaar terug sou hulle ons ook weggevee het. Kyk hoe het ons gesukkel teen net ‘n paar Russiese MiGs en ‘n paar Kubane in die grensoorlog, daar was nie eers Russiese voetsoldate nie.

Marthinus W ·

Die Russe was van die begin af baie duidelik: hulle is nie in Oekraine om die land oor te neem nie. Dit was om die Oekrainers in die Donbas te beskerm, om Oekraine se Navo-opgeleide militere funksie te vernietig, en om bewyse van biolabs te kry. Dit is waarom hulle voel-voel inbeweeg het; nie n bombardement a la Pentagon nie. En n maand later het hulle meeste doelwitte bereik. terwyl hulle in Istanbul vrede praat, het Brois Johnson ingestorm en die vrede vernietig, en die eskalering begin.

Boer ·

Maar julle het klaar oorlog teen die wereld verklaar, ons het nou al klaar die F1 Grand Prix verloor a.g.v. julle.

Anel ·

Die anc is soooooo lief vir Rusland, so hoekom pak hulle nie almal maar hulle een tassie nie en gaan bly dan daar nie? Los net alles wat Suid Afrikaans is hier, soos die huise en geld en so meer!

Jaco ·

Al word die beraad nou ook op die maan gehou, kan ramaphosa net ASSEBLIEF vir Putin vra vir bietjie “beloning” vir SA se stilswye/steun. Goedkoper petrol uit Rusland en Russiese tegnologie om Eskom reg te kry sal regtig BAIE help. SA en Rusland is tog SAAM in BRICS en die lidlande help tog sekerlik mekaar. Dis tog nie eenrigting verkeer nie, maar wedersyds.

ES ·

Presies Jaco, hulle is so hand om die blaas met Rusland, maar watse voordeel trek hulle daaruit? Op hierdie stadium niks…

Marthinus W ·

Die Russe wil baie graag tweerigting-handel tussen ons verhoog, en hulle is tegnologies baie gevorderd met bv kernkrag, maar die vlieg in die salf is die DA wat niks met Rusland te doen wil he nie. [indie koop nou goedkoop Russiese olie, verwerk dit, en verkoop die diesel/petrol aan die EU; hulle ekonomie blink.]

miche ·

Jaco, ek dink SA ( die ANC spesifiek) kry dalk wel iets onder deur die tafel van Rusland waarvan ons gewone mense nie van weet nie…
Die Regering speel mos nooit oop kaarte nie, so hoe sal ons weet?

gatgogga ·

Almal wat weer so gekerm het toe die DA met sy dreigemente en hofsake jeens die Putin debakel begin het, verstaan julle nou al wat gebeur? Dit het ‘n speletjie van “chicken” tussen Steenhuisen en Ramaphosa geword – en Ramaphosa verloor. Dankie DA, die anc is weer op hulle plek gesit.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dalk tyd dat pres. John soos ‘n staatsman optree. Hy tree nou op soos Zelinski.

ES ·

So julle sal eerder sanksies en verdere verswakking van die rand aandurf as om vir Putin nee te se? Hy sal nie hier kom oorlog voer nie, ons het niks wat hy wil he nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Kyk na die groter prentjie. Die WÊRELD orde verander.

Di ·

Rusland het hulle self in die gemors gedompel nou dreig hulle almal wat hulle verantwoordelik hou vir hulle dade. Die spul in die ANC moet maar die gevolge dra van hulle dade, punt

Amelia ·

En as res van wereld teen ons oorlog verklaar Hoekom moet rampie oral sy neus indruk moes uit die saak gehou het maar nee moet mos oefenlopie hier hou saam met china

Republikein in die Wes Kaap ·

Nee, die res van die wêreld sal nie oorlog teen ons verklaar nie. Ons is nie só belangrik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.