Ramaphosa besoek Hammanskraal wyl cholera-sterftes styg

Die Rooiwal-watersuiweringsaanleg (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag Hammanskraal besoek oor die waterkrisis wat daar ervaar word terwyl die sterftesyfer weens die cholera-uitbreking in die land intussen tot 31 gestyg het.

Ramaphosa het sy skok oor die toestand van die Rooiwal-watersuiweringsaanleg uitgespreek en gesê die aanleg is nie in ʼn toestand dat enigiemand gemoedsrus sal hê dat goeie watersuiwering hier plaasvind nie.

Volgens Ramaphosa is daar al jare lank waterprobleme in die gebied en wou die nasionale departement die Tshwane-metro al hof toe gesleep het hieroor. Hy het gesê die plaaslike regering het nie opgetree nie en dat die nasionale regering moes ingryp.

Ramaphosa het toegegee dat die regering inwoners in die steek gelaat het en daarvoor om verskoning gevra. Hy het gesê dit gaan drie jaar neem en R4 miljard kos om die Rooiwal-watersuiweringsaanleg volledig op te knap. In die tussentyd sal watertenkwaens ontplooi word en Magalies Water sal ʼn tydelike aanleg in Hammanskraal oprig.

Dodetal styg na cholera-uitbreking

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Die meeste sterftes weens die cholera-uitbreking is in Hammanskraal aangeteken. Volgens die departement van gesondheid is 29 mense weens die siekte in Gauteng dood terwyl daar een sterfte elk in die Vrystaat en Mpumalanga was.

Meer as 600 mense is vir cholera-simptome in Gauteng- en Vrystaat-hospitale behandel. Daar is reeds 166 bevestigde cholera-gevalle en 202 vermeende gevalle aangemeld. Die meeste gevalle is in Gauteng (152) aangeteken, gevolg deur nege gevalle in die Vrystaat. Daar is ook bevestigde gevalle in Limpopo, Mpumalanga en Noordwes aangeteken.

Die meeste van hierdie gevalle is by openbare laboratoriums gediagnoseer. Die ouderdomme van pasiënte in Gauteng wissel van 1 jaar tot 91 jaar, terwyl dit in die Vrystaat van 10 tot 50 jaar wissel.

Die Vrystaatse departement van gesondheid het intussen bevestig dat ʼn tweede sterfte in die provinsie aangeteken is. ʼn 42-jarige vrou van Parys is in die Boitumelo-hospitaal in Kroonstad dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Danie ·

Wat ek nie kan verstaan nie die water werke is daar moet net gebruik word maar hulle wil gou n nuwe kleiner weergawe bou wat sal werk dit kos net n paar miljoen.Die vraag is hoekom en waarom het die stelsel tot stilstand gekom.Weens onbevoegdheid en sabotasie van SA om alles op die knee te bring.Gin wonder die verkope van banke her die hoogte in geskiet nie.

Kobus ·

CR se hele verhaal is net een groot skok op die ander. Hy was in beheer van die sogenaamde “war room” van Eskom. Na jare van mislukking is hy geskok. Nou blameer hy die DA vir die waterkrises. Sê niks van wat ANC gedoen het tot nou nie. Sal gaaf wees indien MM syfers kan publiseer hoeveel geld spandeer is om infrastruktuur te herstel. Lw, herstel vs onderhoud.

Tewis ·

Ou grote jy moet bietjie die BALK uit jul anc oë haal en begin werk en minder geskok tewees waar julle alles op gedons het en die mense toe telaat om in spruite en riviere tesit en No 1 & 2 tedoen af of dit maar so moet wees.
Of het julle dit nie op skool in Rusland geleer nie??

isabelle ·

skink maar n glasie vir meneer president sy volk en land drink dit :O

houopkruip ·

Die pres het op hierdie verhoog ‘n reuse slag geslaan vir die ANC in Pretoria en Hammanskraal.
Het die DA totaal onkant betrap.
Brink moes op dieselfde geleentheid die probleem voor die ANC se deur ook gegooi het.
Daardie massas stem weer vir die ANC na die pres se praatjies daar.

Carel ·

Brink nie sy politiek soos die ANC nie.
d.w.s . . . blameer, skreeu, & brandstigting . . . maar geen oplossings nie
Hy is ‘n man van dade
Jammerte dat die meeste van sy stad se inwoners, nie ‘n definisie vir “Demokrasie” kan gee nie

Marius ·

Mnr die pres , die Wes Kaap is die enigste provinsie waar daadwerklik op n daaglikse basis gewerk word om rioolaanlegte operasioneel te hou. Dit is ook waar die DA vir hoeveel jaar in beheer is.
Ek dink jy sit die pot mis om die DA te blammeer vir die een waar julle aan gejaag het.
Maaaaaar dan weer is dit noooooiiit die anc se skuld nie , altyd iemand anders. Siestog!!!!!

Marinda ·

Wat sal die besoek tog help? Mense is dood en die water besmet. Moenie vir my sê hy het nie kennis gedra dat die water in SA BEDENKLIK is nie? Ek weet hy kan nie oral keer nie; Die land is te vêr heen! Maar water is vir ALMAL n MUST HAVE! Nie ‘n luukse nie.

Erika ·

Wat den die Regering om dit te verhoed…..Ons wat vir onsself kan dink weet hoekom dit gebeur het..
Charity starts at home….

Estelle ·

Mnr Ramaphosa, jy het jammer gese vir die mense van Hammanskraal oor jou regering se onbevoegdheid, maar jy het vergeet om om verskoning te vra vir al die mense, veral boere, wat hierdie week vermoor is, ook as gevolg van jou regering.

Papsak ·

Nee hoekom sal Ramaphosa gepla wees oor boere wat val hy net oor sy mense bekommerd dis al

annie ·

En toe erken hy dit is sy en die ANC se skuld en nou gaan hy pa moet staan vir die eise. Natuurlik is dit die ANC se skuld en daarom sal die party moet opdok en nie die nasie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.