Verlenging van permitte vir Zimbabwiërs nie ‘volhoubaar’

(Foto: ActionSA)

Die EFF sê hoewel die besluit om die geldigheid van Zimbabwiese Vrystellingspermitte (bekend as ZEP) vir nog ses maande te verleng nou nodig is, is dit nie ʼn langtermynoplossing nie.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het Donderdag aangekondig dat die geldigheid van die permitte weer verleng word.

Die EFF sê die reeds sukkelende departement gaan nou selfs meer spartel om sy werk gedoen te kry.

“Die toestaan ​​van ʼn ses maande lange verlenging is ʼn onnodige werklas op ʼn reeds onbeholpe departement van binnelandse sake. Dit sorg vir baie administrasie en koste vir die belastingbetaler wat al hoe meer handuit ruk,” sê die EFF.

“Dit skep ook bykomende geleenthede vir meer korrupsie by ʼn departement wat reeds deurspek is met korrupsie.”

Volgens die EFF ondervind die departement van binnelandse sake tans eindelose vertragings in die verwerking van nuwe visumaansoeke wat Zimbabwiërs aangeraai is om in te dien nadat die ZEP opgeskort is.

“Hierdie onnodige werklas het ʼn rimpeluitwerking en die departement kan nie eens meer geboortesertifikate, ID’s, paspoorte, huweliksertifikate en dies meer tydig uitreik nie.”

Die EFF sê die party vra al ʼn dekade lank vir wat hulle bestempel as ʼn Pan-Afrikanistiese benadering wat permit- en visumvrye beweging van Afrika-burgers tussen Afrika-lande insluit.

“Behalwe dat dit ʼn stap nader aan ʼn verenigde Afrika is, los dit ook onmiddellik die administrasie en koste verbonde aan die verwerking van permitte en visums op.

“Suid-Afrikaanse kiesers moet die ANC-regering in 2024 uitstem om die soortgelyke opeenhoping van permitte en visums vir ander Afrika-lande te verhoed. Dit is die ANC-regering wat die oorsaak van ongekende vlakke van werkloosheid, misdaad en die mislukking van die openbaregesondheid- en onderwysstelsel is,” sê die EFF.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

annie ·

Glo julle dit is al Zimba’s wat hier bly en werk? Rêrig? In die afgelope 30 jaar het maklik 10 miljoen hul al hier ingeskrop. Die ANC se stemvee. Ek sal wed hulle sal langer hier kan bly want 2024 is mos stemjaar. ‘n ID-dokument of twee vir jou stem of twee. Baie welkom.

Di ·

Dis net die totaal wat wel hierdie permitte het. Die res van ongeveer 2 miljoen OF meer is onwettig hier

Di ·

Natuurlik sal die EFF graag die ” Pan-Afrikanistiese benadering wat permit- en visumvrye beweging van Afrika-burgers” geimplimenteer he want hulle rassistiese leier kom van daar af. Kan jy jouself indink WATSE chaos DIT sal wees indien dit eendag wel goedgekeur word! Ons land sal letterlik OORGENEEM word deur immigrante want res van die afrika lande is self in riool status met NIKS oor in hulle lande nie.

Jeanette ·

Ja swaer……… ek sal se geen buitelander het die reg om te stem nie, natuurlik sal daar vir die ANC gestem wowrd want hulle was dan uitgenooi deur die president van die ANC hiernatoe, so hulle stem en kan langer bly

annie ·

Wat ‘n oplossing vir dié probleem? Natuurlik sal dit werk want die EFF-grootbaas kom van oorkant die spruit. As almal in die wêreld so rond kan trek kan Julius mos ook nou probeer om die Amerikaanse president te word. Hy kan vir ou Joe maklik die loef afsteek of daai vermaarde akademikus, dalk verlangse familie uit Zim?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.