Gedagte vir die dag: Gehoorsaamheid

bid_oggendson_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Luister na My en Ek sal julle God wees. (Jeremia 11:4)

Bid dat God hierdie les in jou hart sal vasmaak: die geloofslewe is ’n lewe van gehoorsaamheid. Net soos Christus aan die Vader gehoorsaam was, vind ons ook God se lewe van liefde as ons Hom gehoorsaam. Deur geloof kan ek Christus vertrou om my in staat te stel om hierdie lewe van geloof en gehoorsaamheid te lei.

Ongelukkig is ons geneig om te dink: “Ek kan nie gehoorsaam wees nie, dis heeltemal onmoontlik.” Ja, onmoontlik vir jou, maar nie vir God nie. Hy het belowe om jou gewillig en bekwaam te maak. As jy hierdie woorde bid en oordink, sal die Heilige Gees jou geestesoë só verlig dat jy die krag sal hê om God se wil te doen.

Bron:  Die Goddelike Geheim deur Andrew Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat ek deur U krag en genade mag lewe….tot U eer en verheerliking van U heiige Naam..Amen

FM ·

Om gehoorsaam te kan wees moet ek U stem hoor en daardeur U kén.
Dankie Jesus vir U voorbeeld van gehoorsaamheid.
Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.