Woord: norring

(Argieffoto: Pixabay)

Woord:
norring

Betekenis:
1
 Groot aantal of hoeveelheid: ʼn Norring besoekers, boeke, kinders, rekeninge. Norrings seuns, jongmense, toeriste. ≈ Hulle norring honde was … nie te waffers nie — allerlei voortbrengsels uit alle soorte honde (Republikein, 29 Mei 1985, 7). • Dis ʼn hele uittog …, want daar moet ʼn norring goed saamgaan dorp toe: vleis, botter, eiers, groente, beddegoed (H. Aucamp: Hartseerwals, 1965, 30). • Wat wil jy met ʼn norring water maak en jou diere moet voer kry? (K. v.d. Merwe in Huisg., 2 Des. 1977, 40). • Ek is nou nie so heeltemal seker of dit vyf- en of dit ses-en-veertig lammers is nie, maar … dis ʼn hele norring, ʼn mooi klompie (P.G. Hendriks: Geboorte, 1983, 138).
2 (ongewoon) Baie groot eksemplaar of geval: Hy het ʼn norring van ʼn huis vir sy vrou laat bou (E. Kotze: Halfkrone, 1982, 64). • Dit is nog alles en behalwe die norring van ʼn skade wat jy jou trekgoed aandoen (H.S. v. Blerk: Donkies, 1950, 59).

Hierdie interessante brokkie verskyn in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Ondersteun gerus hulle Borg ʼn Woord-projek.

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.