Soorte resepte:

Resep-video: Tipsy-tert

Tipsy-tert. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie tradisionele lekkerny sal ʼn heerlike versnapering tydens jou volgende familiekuier wees. Bedien dit warm saam met tuisgemaakte vla of vanielje roomys.

Bestanddele

  • 250 g dadels, in kleiner stukkies gesny
  • 1 k kookwater
  • 1 e koeksoda
  • ½ k kersies
  • 1 k suiker
  • 2 eiers
  • 2 e botter, kamertemperatuur
  • 1 t vanieljegeursel
  • 1½ k bruismeel
  • knippie sout

Vir die sous

  • 2 k suiker
  • 1 t botter
  • 175 ml water
  • 1 t vanieljegeursel
  • 125 ml brandewyn

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 ˚C en spuit ʼn tertbak met kleefwerende kossproei.
  2. Gooi die dadels, kookwater en koeksoda in ʼn bak, meng goed en laat dit eenkant staan om af te koel.
  3. Klits die suiker, eiers, botter en vanieljegeursel saam.
  4. Gooi die dadelmengsel en kersies by die beslag en meng goed.
  5. Sif die bruismeel en sout by die beslag en meng alles weer goed.
  6. Gooi die beslag in die voorbereide tertbak en bak in die oond vir ongeveer 45 minute of tot gaar.
  7. Gooi al die bestanddele (behalwe die brandewyn) vir die sous in ʼn mikrogolfvriendelike bak en kook dit in die mikrogolf vir sowat 2 minute.
  8. Gooi die brandewyn by die stroop en meng goed.
  9. Gooi die stroop bo-oor die warm tert sodra dit uit die oond kom.
  10. Laat dit ʼn rukkie afkoel voordat jy dit saam met heerlike vla of roomys bedien.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.