Skriftelike vrae aan Mkhwebane gestuur

Adv. Busisiwe Mkhwebane (Foto: Skermskoot/YouTube-video/Parlement)

Die parlement se artikel 194-komitee, wat belas is met die proses van adv. Busisiwe Mkhwebane se moontlike verwydering as Openbare Beskermer (OB), het vrae aan Mkhwebane gerig waarop sy vroeg volgende maand móét antwoord.

Qubudile Dyantyi, voorsitter van die komitee, het herbevestig dat die komitee hou by sy hersiene pad vorentoe, aangesien Mkhwebane nou die fondse en toegang het tot ʼn opdraggewende prokureur.

Dyantyi het aangedui dat die komitee vrae ontvang het van 12 lede van die vyf politieke partye wat in die komitee verteenwoordig is. Die vrae is Sondagaand aan Mkhwebane se regspan gestuur. Dyanti het ook herhaal dat die sekretariaat en bewysleiers hulself beskikbaar sal stel om Mkhwebane en haar regspan te help om enige rekord op te spoor wat sy benodig vir die doel om te reageer.

Mkhwebane is tot nie later nie as 6 Julie tyd gegee om skriftelik op die vrae te reageer. “Soos voorheen aangedui, as sy nie op die vrae reageer nie, behou die komitee die reg voor om met sy oorblywende program voort te gaan.”

Mkhwebane het verlede week twee sperdatums misgeloop. Sy sou die komitee teen verlede Maandag in kennis stel of sy skriftelik of mondelings op vrae sou reageer. Verder is Mkhwebane tot 22 Junie die geleentheid gegun om enige bykomende beëdigde verklarings of dokumentasie in te dien.

Mkhwebane het wel verlede week verskeie eise oor die voortgesette hantering van die proses gestel. Dit sluit in kwessies wat verband hou met haar regsverteenwoordiging, die ontoereikendheid van die bykomende R4 miljoen wat hiervoor bewillig is en ʼn aanduiding dat sy voortgaan met ʼn aansoek dat die voorsitter hom aan die komitee onttrek.

Die geskorste OB het in Maart laas voor die komitee getuig omdat sy nie haar regspan daarna op hoogte van sake gebring het nie. Dít omdat die waarnemende OB, Kholeka Gcaleka, aangedui het dat die kantoor van die Openbare Beskermer nie meer die regskoste in die nuwe boekjaar (wat op 1 April begin) kan dra nie.

Mkhwebane hou egter voet by stuk dat die staat haar regskoste moet dra. Die kantoor van die OB het daarna nóg R4 miljoen beskikbaar gestel.

Die komitee sê nou Mkhwebane het deur haar regspan aangedui dat tot hulle genoeg tyd gehad het om die saak te bestudeer – en die kwessie oor wie die regskoste moet dra behoorlik uitgestryk is – kan daar nie met die meriete van die aansoek voortgegaan word nie.

Die komitee, wat op 16 Maart op die been gebring is om ʼn grondwetlike ondersoek na die OB se geskiktheid vir die pos te doen, sal sy werk na verwagting op 28 Julie afhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

En belastingbetalers hoes. Nee wag, die regime leen daagliks R1.3 miljard om die boeke te laat klop. Ons kleinkinders gaan die pyne voel. Hulle gaan vingers na ons wys vir ‘n gebrek aan optrede.

JohanR ·

Wie wil soe graag sien, en he, dat sy by October uitkom en haar R10 miljoen kry? Gaan sy nou twee maande neem om die vrae te beantwoord

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.