Wildeklawer-sporttoernooi in volle swang

(Foto: Facebook / Absa Wildeklawer Sport)

Die jaarlikse Absa Wildeklawer-skolesporttoernooi het Woensdag by Hoërskool Diamantveld in Kimberley afgeskop.

Die toernooi is in sy 15de bestaansjaar en topskolespanne sal tot Sondag op onderskeidelik die netbalbaan, sokker- en rugbyveld kragte meet.

Altesaam 195 spanne van 111 skole neem deel aan die toernooi, een van die land se gesogste sporttoernooie. Daar is vanjaar 35 spanne uit die Noord-Kaap.

Twee internasionale rugbyspanne maak ook hul buiging in vanjaar se toernooi. Die spanne is van St John’s College in Nieu-Seeland en die Kirkham Grammar School in Engeland.

Nuwe deelnemers is Hoërskool Noordheuwel en Nico Malan Hoërskool terwyl Hoërskool Waterkloof en Hoër Landbouskool Marlow hul terugkeer na die toernooi maak.

Woensdagaand se openingseremonie het ʼn hoendervel-oomblik opgelewer met die seuns van St John’s College wat ʼn tradisionele haka gedoen het.

???????? ????????????????'???? ???????????????????????????? ???????????????????? ???????????????????? ???????????????? ???????? ???????????????? ????????????????????????????????????????????St John's College from Hamilton, New Zealand did their haka during the opening function of the annual Absa Wildeklawer Festival in Kimberley. The side also handed over a jersey to the owner of Wildeklawer, Louis de Kock. #Wildeklawer2024 #SchoolsRugby #SuperSportSchools #TimeToShine SuperSport Schools | Absa Wildeklawer Sport

Posted by SuperSport Schools Rugby on Thursday, May 2, 2024

Die sportbyeenkoms is bekend vir sy nalatenskap en betekenis in die wêreld van skolesport.

Dit het in 2009 met 12 spanne in die Paarl begin, en hierdie toernooi het vanjaar tot ʼn wêreldwye verskynsel ontwikkel.

Die 2024-toernooi, wat nou rugby, netbal en sokker insluit, spog met ʼn rekord aantal spanne van verskillende uithoeke van die wêreld.

Cassie Carstens, toernooibestuurder, sê hulle is opgewonde om te sien hoe die toernooi nuwe hoogtes gaan bereik.

“Wat hierdie jaar nog meer spesiaal maak, is die inklusiewe gees, met die opwindende toevoeging van twee internasionale skole tot die reeks.

“Hierdie geleentheid gaan nie net oor kompetisie nie; dit gaan oor die bevordering van vriendskappe, sportmanskap en ʼn liefde vir die spel.”

Die toernooi se visie is duidelik: om gelyke geleenthede aan skole van alle vlakke te bied om deel te neem en hul talente op ʼn internasionale verhoog ten toon te stel.

“Deur samehorigheid en kameraadskap te bevorder poog die toernooi om die volgende generasie atlete te inspireer,” het Carstens gesê.

“Ons bied nie net ʼn toernooi aan nie; ons is besig om die toekoms te help vorm. Deur sport bou ons sterker gemeenskappe en koester ons die leiers van môre.”

Sportliefhebbers kan die aksie regstreeks op SuperSport Schools dophou.

THE OPENING OF THE ABSA WILDEKLAWER SPORT TOURNAMENT 2024 IN KIMBERLEYHaving fun at the opening of the Absa Wildeklawer Sport Tournament 2024.Video: Kimberley Boys' High Media Team#absawildeklawer #absawildeklawersport #wildeklawersport #absawildeklawer2024 #rugby #netbal #sokker #supersportschools #weesnsport

Posted by Absa Wildeklawer Sport on Wednesday, May 1, 2024

OPENING OF THE ABSA WILDEKLAWER SPORT TOURNAMENT 2024 IN KIMBERLEYVideo: Kimberley Boys' High Media Team#absawildeklawer #absawildeklawersport #wildeklawersport #absawildeklawer2024 #rugby #netbal #sokker #supersportschools #weesnsport

Posted by Absa Wildeklawer Sport on Wednesday, May 1, 2024

OPENING VAN DIE ABSA WILDEKLAWER SPORTTOERNOOI 2024 IN KIMBERLEYDuisende sportsterre van skole oor die land heen, woon die opening van die Absa Wildeklawer Sporttoernooi 2024 op Hoërskool Diamantveld se veld by.

Posted by Absa Wildeklawer Sport on Wednesday, May 1, 2024

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.