OB se regspan stap uit komitee  

Adv. Dali Mpofu (Foto: Gianluigi Guercia/AFP)

Adv. Dali Mpofu het uit die sitting van die parlement se artikel 194-komitee, wat gelas is met die proses oor die moontlike verwydering van Busisiwe Mkhwebane as Openbare Beskermer (OB), gestap en gesê hy kan nie meer deel van “enige van die onwettige aktiwiteite” wees nie.

Donderdag se sitting het groot drama opgelewer nadat ʼn aansoek deur Mkhwebane van die hand gewys is. Mkhwebane en haar regspan het ʼn aansoek gebring om die verrigtinge van die komitee tot ʼn ongespesifiseerde datum uit te stel, hangende die uitslag van hersieningsverrigtinge in die Wes-Kaapse hooggeregshof.

Die hersieningsverrigtinge hou verband met ʼn versoek dat Qubudile Dyantyi, voorsitter van die komitee, en Kevin Mileham, DA-LP, hulle aan die komitee moet onttrek. Die komitee het die aansoek vroeër geweier en nou wil Mkhwebane en haar regspan hulle tot die hof wend.

Mpofu het die komitee ingelig dat die OB haar regspan opdrag gegee het om hierdie aansoek op ʼn dringende basis te bring. Volgens Mpofu is die grondslag vir die aansoek die “ernstige” onreg vir die OB om aan ʼn ondersoek onderwerp te word, aangesien sy heel moontlik in die hof kan slaag. Mpofu het boonop aangevoer dat die komitee in minagting van die hof sou optree as hulle sou voortgaan met die wete dat ʼn hersieningsaansoek op hande is.

Fatima Ebrahim van die parlement se grondwetlike en regsdienste het aan die komitee gesê daar is geen wetlike belemmering wat die komitee verhinder om voort te gaan met sy werk in die afwesigheid van ʼn interdik of hofbevel tot dié effek nie.

Die geskorste Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Twitter)

Dyantyi het gesê dat die onttrekkingsaansoeke noukeurig oorweeg is en hulle het gedetailleerde redes gegee waarom hulle hulself nie sou onttrek nie. Dyantyi was van mening dat die uitstelaansoek nie toegestaan ​​moes word nie, maar het die besluit aan die komitee oorgelaat waarna daar ná lang beraadslaging besluit is om die aansoek van die hand te wys. Die EFF het beswaar teen die besluit aangeteken.

Kort nadat die besluit bekend gemaak is, het Mpofu die komitee ingelig dit is “so ver as wat die regspan dit kan neem” waarna hy en die res van die regspan die sitting verlaat het.

Mkhwebane het nie die sitting verlaat nie, maar aangedui dat sy met haar regspan sal moet beraadslaag oor wat gebeur het. Sy het gesê sy sal moet uitvind of hulle as haar regspan gaan aanbly en of sy weer met ʼn nuwe regspan moet begin wat dan die verrigtinge sal vertraag.

Mkhwebane het aangedui dat sy nie haar regspan opdrag gegee het om te onttrek nie, maar dat sy met hulle oor die “plan van aksie” sal moet praat.

Dyantyi het die komitee meegedeel dat die geskeduleerde sitting vir vandag (28 Oktober) in hierdie stadium sal voortgaan tensy kennis van die teendeel verskaf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Die hele land is een groot onwettige aktiwiteit.

Trotse Boervrou ·

Welkom by die Suid-Afrikaanse Sirkus. Sirkus ter sirkusse ter wêreld.

Kokerboom ·

Hoe tipies arrogant van die uwes Mpofu/Mkwebane. Stop ALLE finansiering vir die klugspel!!

wiesalweet ·

Hierdie vrou het ‘n vel dikker as ‘n renoster s’n. Doen liewer die eerbare ding en bedank sommer self, maar niks in hulle optrede is mos “eerbaar” nie …

Althes ·

Bollie, jy kan nie wen nie Dali Mpfofu nou tokkel jy soos Zuma op die ‘sameswerende teorie van onwettigheid’
Julle ly aan sogenaamde slagoffer sindroom

Nie Verbaas ·

Kyk die ANC kaders weet hoe om n grap van alles te maak.

Kobus ·

Ek het dit van die begin afvoorspel. Mpofu is ‘n meester. Kom ons tel maar die maande af…11,10,9,8,7,6,5,4,3,2….Oktober 2023! Hoera, haar termyn is verby en dan kan sy heerlik op haar voordele verder sit en niks doen nie.

kaplyn ·

Ja hierdie is niks anders as vetragingstaktiek. Sy wil net haar termyn laat verstryk dan kan sy lekker op haar alie sit en niks doen en die belastingbetaler gaan vir haar betaal.

Tanniepetoors ·

Net nog vertragingstegniek. Intussen maak Mpofu geld soos bossies met sy teatrale wanvoorstellings en twak wat hy kwytraak.

Prikkie ·

Dali has taken “The Longwalk to Freedom”, want hy weet sy saak is verlore!

Pietertjie ·

Siestog. As hy nie sy sin kry nie, is alles onwettig. So asof hý die wet is.

Jacobus ·

Net nog vertragings taktiek. Ek hoop hulle kry haar gefire voor Oktober volgende jaar wanneer die onvevoegde dame wat nie geweet het wat sy doen nie met volle voordele sal aftee waarvoor die belastingbetaler vir haar sal sorg.

My siening ·

Sy speel n zuma song, so ons konstetusie is eindelik geskryf vir elead wat die hof betref want dit kom nooit tot n verhoor nie.

JohanR ·

Die ou is ‘n rerige EFF prima donna! Is tyd dat die parlement net se genoeg is genoeg van jou nonsens.

Casper ·

Selfs Dali Mpofu besef dat die skrif aan die muur is vir madam Mkhwebane en hardloop eerder weg.Sy volg nou Zuma se voorbeeld,dring aan laat mense onttrek en hardloop howe toe vir elke skeet.

Danie ·

Raai raai haar geld is op of sy het nie meer toegang tot staatsfondse nie.

Henk ·

Ek is seker stupid maar ek verstaan nie die storie nie. Watter “onwettige aktiwiteite”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.