Die Pumas het weer eens gewys dat die Curriebeker in gʼn museum hoort nie toe hulle die Haaie in ʼn aksiebelaaide halfeindstryd in Durban geklop het.
Lees meerAlles vir Saterdag 17 Junie 2023
Video: Case IH al wat dié kannetjie troos
Om Wian se reaksie te toets het Lize hom in ʼn moeilike posisie geplaas en gekyk hoe ver sy hom kon druk voor sy die Case-kaart speel.
Luister: Jannie du Toit toer met kitaar
“Die oudste liedjie op die program het ek presies 50 jaar gelede geskryf.”
Nóg vertel oor ‘skrikbewind’ in strate van Tshwane
Verskeie motoriste het ná ʼn onlangse berig na vore gekom met nóg voorvalle waarin hulle – sonder enige ooglopende rede – deur Tshwane-metropolisiebeamptes voorgekeer, geteister en met groot intimidasie gedwing is om duisende rande aan die beamptes te betaal.
Cheetahs stuur Bulle slagplaas toe
Die Cheetahs het tot die tuis-eindstryd deurgedring toe hulle met ʼn puik, kliniese vertoning die lustelose Blou Bulle gekarnuffel het.
Russiese roulette met SA se toekoms gespeel
Die DA voer aan dat die Suid-Afrikaanse regering ʼn beweerde oorlogsmisdadiger beskerm ten koste van sy eie mense.
Slagting in Uganda: 37 kinders, volwassenes sterf
Die jongste massaslagting is een van die land se grusaamste aanvalle in meer as ʼn dekade.
‘Teater is my tuiste’ sê Wilhelm van der Walt
Wilhelm van der Walt het met Maroela Media oor sy liefde vir teater, die reeks “Donkerbos” en huisteater saam met Cintaine Schutte gesels.
Ramaphosa kom in Rusland aan
Pres. Cyril Ramaphosa en die res van sy Afrika-bondgenote sal na verwagting vandag nog met Rusland se pres. Wladimir Poetin vergader.
Nog weerwaarskuwings vir vloedgeteisterde Kaap
Eskom spook steeds om kragtoevoer na almal in die provinsie te herstel.
Partye teen EFF se voorstel om parlement te skuif
“Die EFF gee altyd hoog op oor sy besorgdheid oor gewone werknemers. Met hierdie voorstel word dit geïgnoreer.”
Krag plek-plek herstel ná Pta-substasiebrand
Die Tshwane-metro se departement van energie en elektrisiteit het reeds reusevordering gemaak in die herstelwerk by die Koedoespoort-substasie.
Ondergrondse brandstofpyplyn beskadig
Talle liters brandstof het vandeesweek uit Transnet se ondergrondse brandstofpyplyn gespuit nadat daar glo daarmee gepeuter is.
‘Ja, hy kan beslis’
Lewis Hamilton meen Max Verstappen kan sy rekord vir die meeste F1-wedrenoorwinnings verbeter.
Gebede vir ‘Loftus se Liefling’, Derick Hougaard
“Sedert ons die ontstellende nuus oor Derick gehoor het, is die Blou Bulle-familie op hul knieë om te bid vir ʼn spoedige herstel vir ons Liefling van Loftus.”
Video: Strand-gemeenskap snoer kragte saam vir vloedslagoffers
“Daar is nie tyd om te gryp nie. Water is soos vuur, as hy kom, kom hy.”
Komitee gaan met of sonder OB se samewerking ondersoek afhandel
“Die komitee sal nie verhinder word om te beraadslaag en sy bevindinge te maak op grond van die getuienis voor hom nie.”
Zelenski nie so toegeeflik vir vredegesprekke
Kort nadat die Afrika-vredesending in Oekraïne aangekom het, het daar lugaanvalsirenes regoor die land weerklink.
McIlroy gaan steek kers op
Geen gholfspeler is ooit te oud om te leer of om kopskuiwe te maak nie, al was jy vantevore vir 100 weke eerste op die wêreldranglys en spog jy met vier Major-oorwinnings en 44 toernooi-oorwinnings in jou gholfsak.
Oupa se pleidooi: ʼn Lang, gesonde lewe vir kleinseun met hartdefek
“Hy het my en sy pa geleer wat dit werklik beteken om sterk te wees en hoe om met genade en vreugde in jou hart deur die lewe te gaan. Hy is ʼn seën vir almal wat hom ken, veral vir ons. Die liefde wat ek vir hierdie seuntjie het, is onmeetbaar en ek kan nie wag vir al die avonture wat hy nog in sy lewe gaan hê nie.”