ʼn Nuwe KI-instrument het die vermoë om dokters se aantekeninge te lees en akkuraat te voorspel wat pasiënte se risiko van afsterwe is en of hulle weer in die hospitaal opgeneem sal word.
Lees meerAlles vir Woensdag 7 Junie 2023
Groot staking by Heathrow beplan
“Vertragings, ontwrigting en kansellasies sal onvermydelik wees as gevolg van die staking.”
Gʼn kwytskelding van finansiële syfers vir Eskom
Die Nasionale Tesourie het met die ouditeur-generaal saamgewerk en alle openbare kommentaar oorweeg wat ontvang is oor ʼn voorgestelde kwytskelding vir Eskom wat verslagdoening betref.
Skuif van Brics-beraad is ʼn ‘lafaardsuitweg’
“Die aankondiging is niks anders as ʼn lafaardsuitweg nie wat die ANC in staat sal stel om voort te gaan om hul kaders in die Kremlin onderdanig te wees.”
19 aangekeer vir verskillende plaasvoorvalle
Die polisie in die Vrystaat het groot vordering gemaak in die stryd teen misdaad wat in Mei op plase en kleinhoewes gepleeg is. Altesaam 19 persone is in verband met ses voorvalle in hegtenis geneem.
Opknappingsprojekte wil trots in geskiedenis herstel
“Soms voel ek so alleen met dit wat ek doen, en dan kry jy dae soos vandag wat daar mense uit die bloute opdaag om te help en jy besef ander deel ook jou passie.”
IMF aan SA: ‘Hervorm nou óf …’
Die Internasionale Monetêre Fonds se uitvoerende raad het darem nie net negatiewe nie, maar ook goeie terugvoer gehad tydens verlede maand se Artikel IV-konsultasie met Suid-Afrika. Dís wat hulle oor Suid-Afrika se ekonomie te sê gehad het:
Nóg ʼn kuiken vir botaniese tuin se witkruisarende
Dit is die tuin se huidige broeipaar, Makatsa en Mahlori, se vierde kuiken. Hul eersteling het in 2020 uitgebroei.
ToekomsVenster: ‘Laat my rus in groen weivelde’
Bid dat die Here jou in waarheid sal lei en doen dan wat in jou hart leef.
Strandgangers in Oos-Londen gewaarsku ná haai roeier amper gryp
Luidens ʼn verklaring van die metro veroorsaak ’n sardientjieloop tans dat talle ongenooide roofdiere na die waters in die gebied gelok word.
Video: Ma en ses dogters gaan eet uit met hul trourokke
“Ons het besluit dat die duurste rokke wat ons besit verdien om gedra en geniet te word – meer as net een dag in ons lewens.”
Indië verwerp hokvrye-lêhen-agenda
“Die geld, mense en hulpbronne wat tot hul beskikking was, was verbysterend en boonop het die media vierkant agter hulle gestaan.”
Ohrigstad-plaasmoordslagoffers dié naweek gegroet
Die families van die slagoffers het nou die kundigheid van Bosveld-misdaadondersoeke, onder leiding van oudkol. Sakkie Louwrens, ingeroep om met die ondersoek te help.
Foto’s: Elizabeth Arden vier goue bestanddeel vir teenveroudering
Elizabeth Arden het die Goudstad sy bynaam behoorlik laat verdien met die plaaslike bekendstelling van hul jongste keramiede-kapsulereeks.
Internasionale ontwerpskool binnekort in Kaapstad
Die internasionaal bekende Greenside Design Center maak binnekort ʼn kampus in Kaapstad, die ontwerphoofstad van Afrika, oop.
26 SA’ners op pad na Parys
Paralimpiese sterre soos Pieter du Preez, Louzanne Coetzee en Sheryl James is in die groep opgeneem, terwyl Simoné Kruger ook haar bes sal doen om die goue medalje in Frankryk in te oes.
US kap terug oor ‘ongerymdhede’ by konvokasievergadering
Die Universiteit Stellenbosch sê die buitengewone vergadering en stemproses is presies hanteer soos vooraf deur die president en visepresident van die konvokasie ooreengekom.
Zuma mag nie joernalis, aanklaer privaat vervolg
Oudpres. Jacob Zuma se poging om ʼn News24-joernalis en ʼn staatsaanklaer privaat te vervolg, het misluk.
Vrou wat pasgeborene steel, pleit 22 jaar later skuldig
Maroela Media het vroeër berig dat ʼn 16-jarige ma in Maart 2001 geboorte aan ʼn babadogtertjie gegee het waarna sy ure later deur ʼn onbekende vrou ontvoer is.
Nagklubmoord: Fourie mag appelleer; bly agter tralies
“Geld kan nie geregtigheid koop nie,” het streeklanddros Ian Cox gesê nadat Gideon Fourie, wat vroeër skuldig bevind is aan die moord op Daniël Botha, se regsverteenwoordiger aangedui het dat Fourie ’n “hoë bedrag” sal betaal om op borgtog vrygelaat te word.