Vrou wat pasgeborene steel, pleit 22 jaar later skuldig

(Foto: Pixabay)

Die saak teen ʼn 52-jarige vrou wat ʼn pasgebore baba 22 jaar gelede ontvoer het, is deur die Ermelo-landdroshof tot Julie vir vonnisoplegging uitgestel.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn 16-jarige ma in Maart 2001 geboorte aan ʼn babadogtertjie gegee het. Die baba is ure later deur ʼn onbekende vrou ontvoer.

Volgens Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het ʼn vrou aangebied om die baba vas te hou terwyl die baba se tannie na ʼn nabygeleë winkel is. Die ma het in daardie stadium pyn en lighoofdigheid ondervind en die vreemdeling het die baba vasgehou. Na ʼn kort rukkie het die vrou glo die baba gevat, beloof om terug te keer en in die rigting gestap waarheen die tannie op pad was.

Die tannie het teruggekeer, maar van die vrou en die baba was daar geen teken nie. Nadat hulle onsuksesvol self na haar probeer soek het, is ʼn saak van kinderontvoering by die Ermelo-polisie aanhangig gemaak.

Die beskuldigde is 20 jaar later in hegtenis geneem nadat ʼn familielid ʼn foto van ʼn volwasse kind op sosiale media gesien het wat soos die familie lyk. ’n DNS-toets is gedoen en dit het die kind met haar biologiese ma verbind.

Nyuswa sê die vrou het skuld beken op die misdaad en is skuldig bevind aan die ontvoering van ’n pasgebore baba. “In haar pleitverduideliking het sy erken dat haar optrede verkeerd was.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Amelia ·

Na 20 jaar is kind eers terug gevind Ai polisie wat is kind vermoor was sou seker dan nooit geweet het nie daai vrou moet baie lank sit ouers seker so bekommerd gewees en hartseer na 20 jaar pleit sy skuldig watse tipe mens doen dit

Cherokee ·

To ek die opskrif lees, het ek gewonder wat haar laat skuldig pleit het. Of dit ‘n gewetenskwessie was, wat versagtend behoort te gewees het. Verder gelees, was dit duidelik sy het slegs skuldig gepleit omdat sy uitgevang is. Hoe sy dit aan die kind verduidelik en hoe die kind dit (gaan) verwerk, is ‘n ander faktor.

Danie ·

Kinders ,babas spring nie misdaad in SA vry nie.Pas hulle maar mooi op.

Meerkat ·

Hopelik hes die kind ‘n goeie liefdevolle lewe gehad. Jammmer sy moes na soveel jare ontneem van haar regte ma. Solank sy net liefdevol groot gemaak is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.