Toe prins Harry openhartig oor sy dwelmgebruik in sy jonger jare in sy memoires, “Spare”, vertel het, het hy waarskynlik nie gedink dat dit sy VSA-visum in gedrang kan bring nie.
Alles vir Woensdag 7 Junie 2023
Terugslag vir seun (15) ná leukemie-diagnose
“Hy sê altyd dit help nie hy is bekommerd oor ʼn ding nie, want dit gaan nie die uitkoms verander nie. Hy het ʼn goeie houding.”
Marcell het Curriebeker in visier
“Almal is trots om die Bloubultrui oor die kop te trek en ons sal 110% gee om die Curriebeker te wen.”
Bejaarde se liggaam op plaas by Standerton gevind
Joseph Payne (70) se liggaam is met skietwonde in die plaashuis gevind. Sy hande was met ʼn kabel vasgemaak.
44 skoolkinders beseer in KZN-ongeluk
“Die oorlaaide minibus het in die aankomende baan ingedraai en ʼn voetganger getref voordat dit tot stilstand gekom het.”
Helfte van SA se drinkwater van ‘swak gehalte’
Die departement van water en sanitasie het sy blou- en groendruppel en geen water-verslag bekend gemaak en dit skets ʼn kommerwekkende prentjie van die land se watersituasie.
Raskwota vir waterregte ‘aanval op menseregte’
Indien die regering rassemaatstawwe mag gebruik vir besproeiingswater, is dit moontlik dat hy later rasmaatstawwe vir ander vorms van watergebruik ook sal instel, waarsku Vrystaat Landbou.
PGA-reeks en aartsvyand LIV smelt saam
In ʼn skokaankondiging deur die PGA-reeks se uitvoerende hoof en die hoof van Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds, wat die LIV-reeks bedryf, is die strydbyle tussen die twee vegtende reekse begrawe en sal hulle van volgende jaar saamwerk.
Gerda op drumpel van Comrades-glorie
“Ek sal baie bly wees as sy die rekord verbeter. Sy verdien dit dubbel en dwars. Daar is min atlete wat so doelgerig, hardwerkend en vasberade soos sy is,” het Irvette van Zyl gesê.
Gedig: Tsoenami
“Die dood ontkiem in die hart van die aardkors.” Lees Hendrik Snyders se gedig, “Tsoenami”.
Tegniese probleme veroorsaak chaos by grensposte
Die N4-korridor na Maputo deur die Lebombo-grenspos word in hierdie stadium die kwaaiste geraak.
Quebec nou episentrum van Kanadese veldbrande
Quebec het altesaam 424 veldbrande sedert die begin van lente aangeteken – wat meer as dubbel die gemiddelde jaarlikse getal veldbrande oor die afgelope dekade is.
Twee sterf toe skote by diplomaplegtigheid klap
Amerikaanse leerders in Richmond in die VSA was besig om die einde van hul hoërskoolloopbaan te vier toe ʼn gewapende aanvaller skielik losgebrand het.
Dit is Djokovic teen Alcaraz in Parys
Carlos Alcaraz het gewys dat jy op jou beste kan wees en nogtans teen hom verloor. Tog is Novak Djokovic slim en goed genoeg om staande teen ’n jong Turk te bly.
Oud-onnie (83) weer in hof oor ‘seksdade’ met seuns
ʼn Afgetrede onderwyser wat van seksuele misdade met kinders in Suid-Afrika en Skotland beskuldig word, het Dinsdag weer in die Wynberg-landdroshof verskyn.
Resep: Ontbytsampioene en saggekookte eiers
Hierdie sampioen-ontbytgereg is die perfekte dis om jou dag mee af te skop.
Drie polisielede sterf in ongeluk
Drie polisielede is Dinsdag in ʼn ongeluk op die N12 naby Potchefstroom in Noordwes dood.
Talle vrae ná Pta-ongeluk drie eis
Die video wys hoe ʼn Volkswagen Polo op die N1 in aankomende verkeer ry, oënskynlik vir ʼn vragmotor uitswenk en kort daarna reg van voor met ʼn ander voertuig bots.
Ontvoerde vrou met familie herenig
Vyf mans is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ʼn vrou van Welgemoed in Kaapstad.
Ná nog vertragings móét Mkhwebane nou getuig
Die speaker van die Nasionale Vergadering het intussen haar kommer uitgespreek oor die voortdurende bewerings van korrupsie wat in die media gemaak word teen sekere lede van die art. 194-komitee.