Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.
“Tsoenami” deur Hendrik Snyders
Die dood ontkiem
in die hart van die aardkors
tussen magma-lae
en stollingsgesteentes
en tektoniese plate
om uit te mond
breedsprakig
in die ritme van branders
en in die trane
van nasies.
- Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red
Ongelooflik treffend!