Raskwota vir waterregte ‘aanval op menseregte’

(Foto: Roelf Jacobs Wepener)

Die Grondwet en die Menseregtekommissie (MRK) beskou die reg tot water as ʼn fundamentele en basiese mensereg. Die MRK bestempel die reg op toegang tot water as ten nouste gekoppel aan ander regte soos die reg op lewe, waardigheid, kos en gesondheid.

Maar, sê Vrystaat Landbou (VL), nie een van bogenoemde regte is onderhewig aan iemand se ras nie. Tog lyk dit of die departement van water en sanitasie probeer om ras ʼn primêre voorvereiste te maak vir toegang tot water.

Kempen Nel, voorsitter van VL se komitee oor natuurlike hulpbronne en kommersiële sake, sê die nuwe regulasies beteken dat ʼn boer in sekere opsigte gediskwalifiseer kan word vir waterregte. “Nie op grond van waterbeskikbaarheid of bestuurspraktyke nie, maar op grond van velkleur.”

Volgens Nel voorsien besproeiingsboere 25% van alle landbouprodukte in Suid-Afrika.

“Min indien enige van hierdie boere gaan hul eienaarskap prysgee. Gaan die staat hierdie boere verbied om kos te produseer?”

Francois Wilken, president van VL, meen dat die regering – net soos met minerale tenders en aandeelhouding – waterregte wil gebruik om beheer oor die landboubedryf te kry. “Goud, steenkool en tenders is nie noodsaaklik vir oorlewing nie; water is,” sê hy.

Volgens VL verteenwoordig hierdie regulasies ʼn nuwe wending: Indien die regering rassemaatstawwe mag gebruik vir besproeiingswater, is dit moontlik dat hy later rasmaatstawwe vir ander vorms van watergebruik ook sal instel.

“Boere gebruik water om vir die land se mense gehalte kos te voorsien. Dit blyk dat die staat waterregulasies wil gebruik vir ʼn rasgedrewe agenda,” sê Wilken.

Hoewel die regeringsbeleid min uitwerking het op die bemagtiging van en samewerking tussen gemeenskappe, is daar baie gevalle van suksesvolle samewerking tussen bestaande en opkomende boere en hulle plaaswerkers – sonder enige staatsinmenging.

VL sê hy sal hierdie soort inisiatief ondersteun en die “sinnelose regulasies verwerp”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Papsak ·

Maak soos regering en ignoreer alles en almal maar hulle skend ons menseregte ek bly daar darem nog so iets vir ons

Republikein in die Wes Kaap ·

Dink net wat kan gebeur indien nywerhede oor dieselfde kam geskeer word. Chemiese fabrieke, Sasol, staalaanlegte en myne is in vir onsekere tye.

JohanR ·

Ek ignoreer die ANC al van 1994. Lewe my lewe elke dag, met nie eers een gedagte aan die nuttelose ANC nie!

Schalk ·

As boere moet produkte lewer is daar nooit raskwotas nie. So waar kom die nonsens vandaan

Nico ·

Water is deel van die Skepping, dit behoort nie aan die staat nie, so hou julle hande weg daarvan.

Veronika ·

Die een belaglikheid bo-op die ander!! Sulke desperate pogings om “bo” te bly!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.