Drie polisielede sterf in ongeluk  

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: SAPD)

Drie polisielede is Dinsdag in ʼn ongeluk op die N12 naby Potchefstroom in Noordwes dood.

Volgens kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, was vier polisielede in ʼn bakkie op pad terug Gauteng toe, toe die bestuurder vermoedelik beheer van die bakkie verloor en dit gerol het.

Drie van die polisielede is op die toneel dood verklaar en die ander polisielid het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Die polisielede is van Gauteng en was op pad terug daarheen toe die ongeluk omstreeks 16:30 plaasgevind het. Volgens Myburgh het die bestuurder op ʼn skerp draai vermoedelik beheer verloor.

Die oorledenes se name is nog nie bekend gemaak nie aangesien al hul naasbestaandes nog in kennis gestel moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Skappie ·

Jammer aan al drie se gesinne. Mag julle deur hierdie moeilike tyd wat nou voorle kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.