Ons word die afgelope 30 jaar vertel dat die nuwe “demokratiese bewind” uit die hemel op ons toegesak het. Daar is vandag geen rede om verder aan hierdie utopie vas te hou nie.
Lees meerAlles deur die skrywer Natie van Wyk
Geloof en rede onderskei, maar nie geskei
Sonder die filosofie kon die teologie nog nooit klaarkom nie, aangesien mense wat glo ook mense is wat dink, en denkende gelowiges wil nie onnadenkend met die lewenswerklikheid omgaan nie.
Ons Christenplig teenoor weeskinders
Die versorging van weeskinders (net soos die versorging van weduwees) lê diep ingebed in die Joods-Christelike godsdiens, en dit is ʼn saak wat ons daarom met toewyding moet benader.
Joodse weerwraak en broeder Jesus se bergrede
Aangesien daar geen menslike oplossing vir aardse onreg en konflik bestaan nie, word daar afgesluit met die Ou Testamentiese verwagting dat daar ʼn tyd sal aanbreek wanneer die swaarde in ploegskare sal verander.
500 jaar van die Protestantse gesangeboek
So het Luther die fondament gelê vir ʼn singende Christendom, en is dit geen verrassing nie dat die Lutherse Kerk komponiste soos JS Bach en GF Händel kon oplewer nie; beide kenners van Luther se teologie.
Die Reformasie, die regverdiging deur die geloof en die strewe na geregtigheid
Luther self het al gekla dat wanneer hy oor die regverdiging deur die geloof preek, die mense aan die slaap raak, maar wanneer hy ʼn storie vertel hulle die ore spits. Afrikaanssprekendes verberg hulle ongemak met hierdie Bybelse tema deur daaroor te swyg.
Die teologie van skeppingsbewaring
Franciskus was die eerste baie bekende kerkleier en teoloog wat aan die skoonheid van, die liefde vir, en die bewaring van die skepping aandag gegee het. In die Roomse kerk word hy as die “omgewingsheilige” geag.
Athene en Jerusalem ja, maar wat van Rome?
Ek wil egter die lewensverhaal van Justinus die filosoof en martelaar bekend stel, aangesien sy tragiese dood verhelderend kan inwerk op die onlangse politieke teater in ons land.
Thomas Hobbes: “Die mens is ʼn wolf vir sy medemens”
“Die mens is vir sy medemens ʼn wolf” (“homo homini lupus”) volgens Hobbes, en sonder ʼn magsinstansie wat mense in toom kan hou, moor hulle mekaar uit. Minstens vir die gelowige geld Luther se slagspreuk “tegelyk geregverdigde en sondaar” egter ook.
Waarom die begrip ‘troos’ nie moet verdwyn nie
Boethius was dus oortuig dat God menslike boosheid ten goede kan laat meewerk (iewers vir iemand), en dat nie alleenlik die goeie nie, maar ook die bose die vraag en soeke na God lewendig hou.
Ware geluk in uitdagende tye
So is die “armes van gees” ongelukkige mense, totdat hulle hul oopstel vir God se liefde en genade. In Psalm 1:1–2 lees ons dat dié mens wat sy vreugde in die wet van God vind ʼn gelukkige mens is.
Leuens: Die ondeug van ons tyd
Ons kerkvaders het ingesien, en só behoort ons dit ook te verstaan, dat die negende gebod in noue verbondenheid met die liefdesgebod uitgelê en verstaan moet word.
Bejaardes en demensie ontleed vanuit die Christelike etiek
Die belangrikste saak in die lewe handel nie oor wat ons van ons lewe kan onthou nie, of wat ander van my kan onthou nie, maar hoe God, wat alles van my af weet, my onthou.
Anderkant die politieke gebruik van skaamte en skuld
Om oor sonde en vergifnis deur God in Christus met mekaar te praat, kan ons help om beter begrip, wedersydse respek en samewerking te bewerkstellig in die samelewing.
Gedenkdae van vroeë kerklike martelare en die betekenis vir vandag
Die sekulêre doenighede in die Weste op 14 Februarie het min, of dalk niks, met die waardes van die ou Christen-martelaar te make nie.
Bydrae van Wittenbergse Reformasie tot gemeenskapsontwikkeling
Daar is voortdurend kommer oor die voortbestaan van die Afrikaanse kultuurgemeenskap. Die vraag is wat ons kan doen om ʼn menswaardige bestaan vir ons en ons nageslag te verseker.
Almal praat oor hoop, maar hoe geloofwaardig is dit?
Om alleenlik te ‘hoop’, maak nog nie van jou ʼn Christen nie, aangesien Christelike hoop ʼn lewensinstelling is, wat met ander lewensfasette saamhang.
Vaders van die Reformasie en hul nalatenskap
Die bereidwilligheid tot kritiese debat oor teologiese menings en kerklike doenighede wat nie Bybels goed begrond is nie, is een van die winspunte van die Reformasie.