“Aanvanklike verslae van die toneel het getoon dat verskeie mense geringe tot matige beserings opgedoen het.”
Lees meerAlles vir Woensdag 19 Julie 2023
Parys-waterkrisis ruk handuit
Talle inwoners in Parys en die Thumahole-nedersetting is vir die soveelste keer vanjaar al twee weke en langer (sowat 16 dae) sonder water.
Man maak swanger vrou dood oor geld
“Toe sy sê dat sy nie geld het nie, het Mojaki ’n skaapskêr uitgepluk en sy vrou herhaaldelik daarmee gesteek. Die kinders het die voorval voor hulle sien afspeel.”
‘Ek is dankbaar ek lewe,’ sê Aussie-seevaarder
“Ek het probeer om geluk binne myself te vind. Ek het ook baie eensaam gevoel. Ek het baie keer in die see gegaan en dit geniet om binne die water te wees,” vertel Tim Shaddock, ʼn Australiese seevaarder wat twee maande lank saam met sy hond in die Stille Oseaan rondgedobber het.
Klag van terrorisme teen ‘vragmotoraanvallers’
“Dít is duidelik die werk van ʼn sindikaat met ʼn sekere modus operandi om soveel moontlik verwoesting en paniek in die land te veroorsaak. Dit was beslis nie die optrede van ʼn enkele persoon wat alleen werk nie.”
Hof verwerp GOOD-aansoek oor George-tussenverkiesing
“Om toe te laat dat die tussenverkiesings in hierdie omstandighede voortgaan – waar korrupsie in die land reeds hoogty vier – is onaanvaarbaar.”
‘Hou repokoers onveranderd,’ pleit kenners
Kenners in die ekonomie sê sommige lede van die monetêre beleidskomitee is dalk ten gunste van nog een laaste 25-basispunte-verhoging.
ToekomsVenster: Wat maak jy met jou suksesse?
Doen alles wat jy kan doen, doen dit voluit en laat die res aan die Here oor.
Wiele2Wiele ry met Citroën se C3-buksie
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Citroën se C3-buksie en BMW se vuurwa – die M340i.
Kommer neem toe oor vertragings by Koeberg
Die opknappingswerk wat die Koeberg-kernkragsentrale weer op dreef sou kry, loop nou ver agter skedule.
Beurtkrag: Dis weer fase 4
Fase 4-beurtkrag sal om 16:00 Woensdag inskop nadat verskeie opwekkingseenhede sedert gisteraand onklaar geraak het.
Len Muller skryf liefdesbrief aan die Weskus
“Dit is ʼn plek om jou kop stil te kry, om jou siel te voed. Die tyd staan stil op die Weskus.”
Pragspeeloppervlak wink vir Stormers
Die Stormers het op sosiale media met die installasievordering van hul splinternuwe speeloppervlak gespog.
Foto’s: Miljoene steier onder versengende hitte
Volgens weerkenners speel klimaatsverandering, aangedryf deur die verbranding van fossielbrandstowwe, ʼn sleutelrol in die uiterste temperature wat die kontinente tans beleef.
Rory soek nog ʼn goue gholfjaar
Sukses en ʼn vyfde major-titel is vandeesweek in Rory McIlroy se eie hande. Sy spelpeil is die afgelope ruk van hoogstaande gehalte en hy bevind hom op ʼn gholfbaan waar hy voorheen groot sukses gesmaak het.
Yslike vlermuis gee mens die ritteltits
Mense kry “nagmerries” oor die vlermuis “so groot soos ʼn mens”, maar dis darem nie die volledige verhaal nie.
Regisseur van ‘Spirited Away’ reik laaste rolprent uit
Die legendariese Japannese regisseur, Hayao Miyazaki, dreig al sedert die laat 1990’s om af te tree, iets wat vanjaar oënskynlik uiteindelik deurgevoer gaan word.
Poetin nié by Brics-beraad in SA – presidensie
Die presidensie sê daar is “gesamentlik ooreengekom” dat Poetin nie die beraad in Suid-Afrika sal bywoon nie.
Anderson is terug op die baan
Kevin Anderson het sy eerste wedstryd terug op die ATP-toer gewen toe hy vir Gabriel Diallo in Newport geklop het.
Egpaar van Bloemfontein in ‘plas bloed’ aangetref
Albei oorledenes is in diens van die Mangaung-munisipaliteit se verkeersdepartement.