“Die werkloosheidsyfer sal in die eerste kwartaal van 2024 versleg met die matriekklas van 2023 wat by die massas aansluit.”
Lees meerAlles vir Woensdag 15 November 2023
Nóg ʼn saak teen voormalige munisipale bestuurder van Frankfort
Die jongste saak hou verband met ʼn tender om heinings op te rig om begraafplase van Cornelia, Villiers, Frankfort en Tweeling.
Rand Water-hoof se kop geëis
“Suid-Afrikaners moes aanpassings maak om sonder elektrisiteit te leef, en weens [die huidige regering se] tekortkominge, nou moontlik ook sonder water.”
Lesufi wil nie meer dranklisensies uitreik nie
Die premier voer aan alkohol is die ‘poort tot dwelmmisbruik en dit is waaruit ander, sterker dwelmmiddels spruit’.
Jap Burger getuig oor voortgesette staatskaping by Eskom
“Brig. Burger het tydens vandag se verhoor benadruk dat ‘staatskaping’ steeds algemeen voorkom in staatsinstansies, met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) as voorbeeld.”
Drie maande, 88 plaasaanvalle, 127 slagoffers
Bejaardes is ook duidelik die grootste teiken, met die oorgrote meerderheid van slagoffers wat ouer as 60 jaar is.
ToekomsVenster: ’n Getuienis van oorvloedige genade
Praat maar met mense wat seer- en kwelpaaie geloop het. Min verwyt God, die meeste getuig van sy oorvloedige genade.
‘Major’-nuus vir SA ultraveldwedlopers
Die World Trail Majors sal ʼn “nuwe en alternatiewe pad van groei bied” vir dié vinnig ontwikkelende sport.
SA stuur af op ernstige waterkrisis – verslag
Uit 140 getoetste rioolafvalwaterbehandelingswerke in die land, voldoen slegs 19% aan die minimum standaarde.
Geen rede vir paniekaankope van hoender, eiers
“Omdat die eierproduksiesiklus nie te lank is nie, verwag ons dat die situasie teen die begin van volgende jaar gaan normaliseer. Sou sake nie verbeter nie, sal ons aanhou om eiers in te voer.”
SA Rugby oor Njala-voorval: ‘Ons deel familie se smart’
“Die bekertoer-vieringe het ten doel gehad om die vreugde van sukses en oorwinning te deel.”
Blitzkrieg! Indië befomfaai Kiwi-boulers
Virat Kohli het sy 50ste eendagkriekethonderdtal gemoker, Shreyas Iyer het die grenshoue laat neerreën en Indië het amper 400 lopies teen Nieu-Seeland aangeteken.
EICMA skitter met nuwe modelle
Die eerste week in November is altyd ʼn groot week vir motorfietsentoesiaste. Dit is wanneer EICMA, een van die grootste motorfietsskoue, in Milaan aangebied word.
Besliste ‘nee’ vir Bela-wet van Afrikaanse ouers
Meer as ’n 1 000 Afrikaanse ouers het in ’n onlangse meningspeiling hul afkeur met die regering se planne te kenne gegee. Dié ouers is bekommerd oor die impak wat die wysigingswetsontwerp op hul kind én Afrikaans gaan hê.
Seaborne-moord: Ma wag steeds ‘vir hom om terug te kom’
“Die haat in my vir die twee mans wat my seun van my af weggeruk het, word elke dag net meer.”
Sanger dra ‘hart op mou’ met eerste musiek in dekades
“Ek moes vir sewe jaar lank hallo en weer totsiens sê. Weke en maande waar kinders en ouers in die perfekte wêreld moes saam wees, word nou vervang deur prentjies van herinneringe en beperkte ure van ʼn inhaal-verhouding.”
Student sterf ná besering tydens Bok-segetoer
Die 20-jarige vrou is so ernstig beseer dat haar been onder die knie afgesit is.
Nee, jy kan nie vir R25 by Sun City bly nie
Sun City het bevestig die sogenaamde spesiale aanbod is vals en dat alle besprekings en aanbiedinge deur sy amptelike webwerf geverifieer moet word.
Avontuurlustige Sinner eindig Djokovic se wenlopie
“Ek kon nou onverskrokke spel in die belangrike oomblikke van die kragmeting opdis – veral in die derde stel.”
Sepiegids: Ruiterbosch-inwoners in die moeilikheid in ‘Suidooster’; Thys, Kyle word boesemvriende in ‘Arendsvlei’
In “Binnelanders” is dit maak of breek vir Annelize en haar span, en in “Diepe waters” lyk dit of die liefde weer blom tussen Gys en Zelda.