Nee, jy kan nie vir R25 by Sun City bly nie

Sun City (Foto verskaf deur Sun International)

ʼn Verneukspul waarvolgens Sun City oënskynlik luukse verblyf vir slegs R25 per nag aan gaste bied “ter viering van sy 50ste verjaardag” word op sosiale media bedryf en het die Sonstad genoop om ʼn waarskuwing daaroor uit te reik.

Sun City het bevestig die sogenaamde spesiale aanbod is vals en dat alle besprekings en aanbiedinge deur sy amptelike webwerf geverifieer moet word.

Die bedrieërs plaas advertensies op verskeie sosialemediaplatforms, met ʼn skakel na ʼn fopwebwerf wat lyk soos dié van Sun City en waar die sogenaamde besprekings gedoen kan word.

Brett Hoppe, hoofbestuurder van Sun City, waarsku mense om versigtig te wees vir enige kommunikasie wat nie direk van Sun City of Sun International afkomstig is nie en dat alle aanbiedinge op sy webwerf nagegaan kan word.

“Wat selfs beter is, is om ons regstreekse besprekingsplatform te gebruik waar daar ook uitstekende aanbiedinge is, of om van ʼn geregistreerde toeroperateur gebruik te maak,” sê Hoppe.

Die plasings lui dat die aanbod aangebied word ter viering van Sun City se 50ste of 55ste bestaansjaar. Sun City het egter sy deure in 1979 geopen en die oord is vanjaar 44 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Niklaas ·

Wat sal die bedrieërs dan nou eintlik kan baat met hierdie slenter , tensy dit as ‘n grap geskep is ?

Riette ·

Jy maak ‘n betaling op die fop-webwerf en siedaar, hulle het jou bankbesonderhede.

anna2023 ·

Hulle baat deurdat hulle geld daaruit kry. 1000 mense wat hiervoor val = R25 000 in hulle sakke

Bea75 ·

Ai, dit verbaas my elke keer dat mense nog vir hierdie snert val – “if it sounds too good to be true, it usually is too good to be true”!

annie ·

Ja, ek weet van ‘n vooraanstaande professor wat op so ‘n wyse sy bankbesonderhede verkwansel het.

Vonkprop ·

Ek was verlede week daar vir die golf. Die plek kort opknapping en definitief verf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.