Drie maande, 88 plaasaanvalle, 127 slagoffers

Plaasaanvalle het in die derde kwartaal van die jaar (Julie tot September) met altesame 21% toegeneem. Altesame 88 plaasaanvalle, waaronder 13 plaasmoorde, is in hierdie tydperk aangeteken. In die tweede kwartaal (April tot Junie) is 73 plaasaanvalle, waaronder 23 moorde, aangeteken.

Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, sê dit was ’n “uitermatig bloedige drie maande ten opsigte van plaasaanvalle”.

“Die getal plaasaanvalle wat in die derde kwartaal aangeteken is, is die meeste nog vanjaar. Indien hierdie neiging in die vierde kwartaal voortgesit word, kan ons verwag dat die aantal aanvalle sal bly styg.”

Hy sê ’n gemiddeld van 6,7 plaasaanvalle word weekliks aangemeld.

“Dit kom neer op sowat een plaasaanval per dag. ’n Gemiddeld van minstens 2,33 aanvallers was by elke aanval in dié tydperk betrokke, terwyl daar minstens 127 slagoffers was.

“Ouer mense is ook duidelik die grootste teiken, met die oorgrote meerderheid van slagoffers wat ouer as 60 jaar is,” sê Broodryk.

Statistiek oor plaasaanvalle in die derde kwartaal van 2023. (Grafika: AfriForum)

Hy sê indien plaasaanvalle ’n aanduiding van misdaadvlakke in die algemeen is, wag daar verdere slegte nuus op Suid-Afrika wanneer die polisie Vrydag die amptelike misdaadsyfers vir die derde kwartaal bekendstel.

“Die uitbreiding van gemeenskapsveiligheidstrukture is daarom nou noodsaaklik. Voorts is goed opgeleide lede in dié strukture wat die nodige veiligheidsmaatreëls binne die raamwerk van die wet sal toepas, ’n vereiste.

“Ons het die afgelope tyd reeds gesien watter bydrae goed georganiseerde gemeenskapsveiligheidstrukture kan maak in die bekamping van misdaad. AfriForum se Potgietersrus-buurtwag het byvoorbeeld in September vanjaar, in samewerking met ander veiligheidsorganisasies, gehelp om vier verdagtes aan te keer wat na bewering betrokke was by ’n plaasaanval in die Mokopane-omgewing,” sê Broodryk.

“AfriForum sal voortgaan om druk op die regering te plaas oor sy wankelrige toewyding tot landelike veiligheid. Ons sal ook aanhou om die verskaffing van opleiding, toerusting en ondersteuning aan gemeenskappe en slagoffers van plaasaanvalle te prioritiseer.”

(Foto: Reint Dykema)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

popsa ·

Mens noem dit “terrorisme”.
Terrorist
/ˈtɛrərɪst/
noun
a person who uses unlawful violence and intimidation, especially against civilians, in the pursuit of political aims

Gert ·

Hul noem dit die “Peoples War”. Gaan slaan dit bietjie na. Die terroris is gemeng met die gemeenskap wat hom beskerm. Stadig en strategies moor en verdryf hulle die ander bevolkingsgroep op so n manier dat die bevolkingsgroep nie gesamentlik in opstand kom nie.

domheks ·

Klomp bangbroeke! Val weerlose ou mensies aan. Hoekom nie julle eie partier nie?

Goldy ·

As ek n boer was sou ek met my bure en die se bure gesels het om onafhanklikheidsonderhandelinge te begin terwyl ek nog grond het, want duidelik is plaasaanvalle deel van die regering se agenda om grond oor te vat. Klein lande soos israel, singapoer en hong kong kan baie sterk word met n blink toekoms.

Gert ·

Doodskiet, diep begrawe en vergeet. Sodoende stadig die kanker uit die land verwyder. Hul baas loop rond met sy onnosele volgelinge.

Hendrik ·

Baie waardering AfriForum. Dit bly maar die enigste oplossing. “Ons sal self.” Die nodige bly nb. om plaasveiligheid by elke individuele boer,,, inwoner tuis te bring. Die toekomsblik dui daarop dat dit in die toekoms gaan eskaleer.

Hannes ·

Netso! Dit sluit die vernietiging van eiendom gedurende stakings in.

Mariana ·

En dan mag boere nie hulself of hul familie en werkers beskerm nie dan word hulle aangekla. Belaglik as mens daaraan dink die regering absoluut nog geen poging aangewend om boere te beveilig nie

Samuel ·

Dit is absoluut tragies om van al hierdie plaasaanvalle en moorde te lees. Steeds ontken ons geagte Staatspresident die voorkoms van plaasaanvalle en wat daarmee gepaardgaan. CR is erger as Zuma.

Porseleintjie ·

Knap gedaan Suid-Afrika!!! Wêreldwyd is daar nie ‘n statistiek wat kan ” kers vashou” met hierdie een nie. Land van bloed en trane sowaar.

Ronél ·

Voedseltekorte klop aan ons voordeur, WAT gaan die land dan produseer????

Sê maar net ·

Vat vir CR en sy kaders internasionale strafhof toe….oor hulle volksmoord toelaat. ..

Vinny ·

Maar ons regering sit eerder en ooghare lig vir Israel terwyl ons eie mense uitgemoor word.

bystaander ·

Boere moet die agenda van die anc verhaas.
Sodra ‘n boer of sy vrou of familie vermoor is, moet die vee en implimente op veiling verkoop word.
Die plaashuis word gesloop en die landerye word vernietig.
Die nuwe boer wat bakhand staan om te ontvang, kan gerus van vooraf begin.

Andre ·

…alles deel van die langtermyn- beplanning van die A en C se eienaars.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.