Geen rede vir paniekaankope van hoender, eiers

Foto sleg te illustrasie. (Foto: Morgane Perraud/Unsplash)

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het die versekering gegee dat vordering gemaak word met die uitwis van eiertekorte deur onder meer te verseker dat genoegsame invoerpermitte beskikbaar is.

ʼn Uitbreking van voëlgriep in Suid-Afrika het beteken sowat 7,5 miljoen kommersiële lêhenne moes reeds van kant gemaak word.

“Lande soos Brasilië, die VSA en Argentinië voer al geruime tyd eiers na Suid-Afrika uit en ons verwerk tans invoerpermit-aansoeke van nog ʼn paar lande,” het Reggie Ngcobo, departementele woordvoerder, Woensdag gesê.

Hy sê daar is dus geen rede vir enige paniekaankope voor die Kersvakansie nie.

Die departement vul ook plaaslike produksie met ingevoerde produkte aan.

“In minder as ʼn maand het ons bevrugte eiers van 1,9 miljoen tot 9 miljoen opgestoot. Dié eiers sal binne minder as vier maande hoenders wees,” sê Ngcobo.

Ter voorbereiding vir die Kerstyd het die departement ook groot hoeveelhede bykomende dag-oue kuikens, eierprodukte en pluimveevleis vir invoer goedgekeur.

“Ons is tevrede dat die HPI-uitbreking [voëlgriep] onder beheer is en dat 70% van plase wat nie geraak is nie, voortgaan om eiers en hoenders te produseer,” sê Ngcobo.

“Omdat die eierproduksiesiklus nie te lank is nie, verwag ons dat die situasie teen die begin van volgende jaar gaan normaliseer. Sou sake nie verbeter nie, sal ons aanhou om eiers in te voer.”

Die departement het bevestig daar is nog oop invoerpermitte vir eiers en pluimveeprodukte uit verskeie lande. Ngcobo sê die departement skryf ook nie voor van waar kleinhandelaars eiers moet invoer nie, maar verseker wel dat alle bioveiligheidsmaatreëls nagekom word wanneer daar vir invoerpermitte aansoek gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann ·

Glo nie ‘n WOORD wat uit enige van die onbevoegde “amptenare” se leunaar monde kom nie. Het bloot geen vermoë om te beplan en risikos te bestuur nie.

Mariana ·

Moet met jou saamstem, hulle maak net die geluide en hoop mense gaan dit glo en dan word hulle weereens in hul leuens vasgevang.

Shakespeare ·

Almal sal ‘n eiertjie te lê hê daaroor. Dit gaan beteken dat die mark oorstroom gaan word van al die eiertjies. Probleem opgelos.

Anel ·

Natuurlik sal hulle van Brasilie en Argentina in voer. Dis dan hul maatjies. Dit sal my nie verbaas as hierdie uitbreek beplan was nie. Net my mening. Want wie baat daarby?

Mariana ·

Moet sê daardie gedagtes het ook al opgekom. Beplande sabotasie net sodat hulle hul maatjies kan help om voet in die deur te kry. Brazilië se hoenders is aaklig. Een keer gekoop en gesweer nooit weer nie.

Wikkie ·

Intussen betaal ons deur ons nek vir eiers wat ingevoer is. Dis rede genoeg vir paniek.

Sê maar net ·

Kannie meer hoender of eiers bekostig nie…. :-(( Waarvan gaan ons lewe?

#Afrikaner ·

Geen-rede-vir-paniekaankope… boere in Suid-Afrika, ONS boere, verloor 7,5 miljoen kommersiële lêhenne (neem aan dis slegs die waarvan die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling bewis is), MAAR moenie kommer nie, ons sal nou, ten duurste, invoer en ONS boere “dood maak” en jy as verbruiker kan maar deur jou nek betaal. Pluk regering, pluk – geld groei mos op ons rue.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.