Gedagte vir die dag: God is by my

Argieffoto (Foto: Neom/Unsplash)

“God is met hulle wat Hom gehoorsaam. Die planne teen die hulpeloses sal verydel word, want die Here sal sy volk beskerm.” (Psalm 14:5-6)

Skrifgedeelte
Psalm 14:5-6 (NLV)

Oordenking
God is by dié wat aan Hom gehoorsaam is. Kom ons staan by hierdie stelling – want dit is die waarheid – sonder om akademies te raak oor God wat ook eintlik by almal is en so aan. Ja, aanvaar net hierdie feit: God is by my.

Iemand wat gehoorsaam is, is nie een wat sonder foute is nie, maar een wat sy foute maar te goed ken en by God gaan redding soek daarvoor. Dit is een wat weet hoe afhanklik hy is, wat God sy toevlug maak. So een is – deur Christus – regverdig gemaak. As jy in ʼn stryd is, onthou wie aan jou kant is. God is! Laat dit jou sterk maak.

Gebed

Dankie, genadige God, dat U so onverdiend en onvoorwaardelik vír my is. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.