Inwoners, DA-verteenwoordigers en leiers van die gemeenskap in Gauteng het Woensdag opgeruk en ʼn memorandum van eise aan die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, oorhandig.
Die memorandum benadruk die dringende behoefte aan onmiddellike optrede om waterprobleme in Gauteng te takel.
Solly Msimanga, die DA in Gauteng se premierskandidaat, sê sistemiese gebreke duur voort onder die huidige regering. “Suid-Afrikaners moes gevolglik aanpassings maak om sonder elektrisiteit te leef, en weens hul tekortkominge, nou moontlik ook sonder water.”
Die party eis verandering en benadruk die behoefte aan voldoende en ononderbroke toegang tot skoon water.
“Ons eise sluit in die aanstelling van ʼn Kommissie van Ondersoek om sistemiese gebreke by Rand Water te ondersoek, die onmiddellike afdanking van die uitvoerende hoof en maatreëls om vinnig die voortslepende probleme op te los.”
Msimanga sê die party bevorder aanspreeklikheid en deursigtigheid. “Diegene wat verantwoordelik is vir onaanvaarbare toestande moet aanspreeklik gehou word. Toegang tot skoon water is ʼn fundamentele mensereg en volgehoue versuim om dié basiese noodsaaklikheid te verskaf, kan nie geduld word nie.”
- (Foto verskaf deur die DA)
- (Foto verskaf deur die DA)
- (Foto verskaf deur die DA)
Dankie DA julle is werklik ernstig aan die gang. Slaan n rots aanhoudend met 16pd hammer en hy sal uiteindelik bars, meegee!!
Ek hou van die BLOU – druk deur.