‘Rentekoerse moet daal om ekonomie te help’

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Die verbeterde werkloosheidskoers van 30,8% na 399 000 mense tot die arbeidsmag in die derde kwartaal van 2023, sal op 1 Desember 2023 tot niet wees wanneer die meerderheid van die 921 000 matrieks wat nie verdere studies kan bekostig nie, tot die arbeidsmark toetree.

“Die monetêre komitee van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) moet by die volgende vergadering op 23 November 2023 begin om rentekoerse te verlaag om die ekonomie te stimuleer en verdere werkverliese te voorkom,” sê Martlé Keyter, uitvoerende hoof van bedrywighede by Misa, die motorbedryf-personeelvereniging. “Die repokoers het met 4,75 persentasiepunte tot 8,25% gestyg, die hoogste vlak sedert 2009, om inflasie te bekamp. Maar nou het die impak op verbruikers en ondernemings vernietigende gevolge vir die kleinhandel motorbedryf.”

Misa verteenwoordig meer as 63 000 lede. Verlede week het Mibco, die motorbedryf se bedingingsraad, Misa as die meerderheid vakbond in die bedryf verklaar.

Volgens Keyter sukkel handelaars en kleinhandelwinkels in die bedryf.

“Die beskikbare inkomste van verbruikers word geabsorbeer deur die impak van beurtkrag, brandstofpryse, voedselpryse, inflasie en rentekoerse. Die aantal verbruikers wat kontant beskikbaar gehad het om aan voertuie te bestee, of aan die instandhouding van hul voertuie, het vinnig afgeneem. Verbruikers wat op finansiering moet staatmaak, sukkel met slegte kredietgraderings as gevolg van al hul skuld,” sê Keyter.

Volgens Statistieke Suid-Afrika is die werkloosheidskoers – nou 31,9% – vir die eerste keer sedert die derde kwartaal van 2020 net onder 32%.

Dr. Roelof Botha, ekonomiese adviseur by die Optimum-finansiëledienstegroep, sê daar is werk geskep in die finansiële sektor en in konstruksie, maar bedrywe soos die kleinhandel motorbedryf en die eiendomsbedryf is steeds onder geweldige druk.

“Nog 300 000 werksgeleenthede kon geskep word as die SARB die rentekoers laat daal. Ek glo die SARB is te konserwatief in sy benadering en dit vernietig werkskepping.”

Botha sê ook dat die verbeterde werkloosheidskoers nie so groot is nie in vergelyking met Suid-Afrika se huidige bevolking van meer as 60 miljoen, volgens die sensus van 2023.

“Die akkuraatheid van die sensus word bevraagteken, veral nadat die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, erken het dat Suid-Afrika geen idee het van hoeveel onwettige immigrante in die land is nie. Ons kan nog 6 miljoen tot die bevolking van 60 miljoen voeg. Dit beteken ons maak baie min vordering,” sê Botha.

Hy voorspel dat die werkloosheidsyfer in die eerste kwartaal van 2024 sal versleg met die matriekklas van 2023 wat by die massas aansluit.

Kenners voorspel gewelddadige stakings en chaos as die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) nie sy betalings in orde kry nie. NSFAS het bewerings dat dit op die rand van ineenstorting is, nadat studente nie betalings ontvang het nie, ontken.

NSFAS is ʼn regeringstudentefinansieringskema wat meer as 1 miljoen studente help om die koste van hul tersiêre onderwys te dek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

annie ·

NSFAS werk skynbaar soos salarisse vir werklose jeugdiges met ruim byvoordele wat oor vyf(?) jaar kan strek. Die studente lewe soos werkers in betrekkings en maak ten volle staat op die inkomste vir al hul behoeftes. Die uiters rojale leefwyse volg ná matriek en is nie meer soos voorheen net beskore vir ‘n paar uitverkorenes wat redelik goed gevaar het in die eindeksamen nie. Daarmee saam word lenings ook deur banke toegestaan aan jongmense om hul verwagte lewensstandaard hoog te hou. Werkloosheid na voltooiing van hul studies is ‘n vae kwessie.

Wit Leeu ·

Sterkte om dit te gaan verduidelik aan die klomp wat die land regeer ! Die goed kan nie verstaan nie !!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Ten minste is inflasie onder beheer. Wat help dit daar is groei, maar ‘n brood kos jou R150.

De Bok ·

Republikein, jy het die slimste kommentaar op die artikel so ver.

Truman Burbank ·

Die wereld is in die middel van, onder andere, n ekonomiese reset. Hierdie was al l ankal beplan en lockdown was die indikator. Niks wat enige land doen, sal hul doen om die ekonomie te red. Want die oorspronklike plan was reset and recycle. Maar iewers het die trein ontspoor. Anders was niemand meer hier. Nou is ons in n groundhog day situasie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.