Student sterf ná besering tydens Bok-segetoer  

Die Bokke tydens hul segetoer verlede Sondag in Oos-Londen. (Foto: Twitter / Springboks)

Die 20-jarige student wat ernstig beseer is toe sy verlede Sondag tydens die Springbokke se segetoer in Oos-Londen glo op ʼn Njala-pantservoertuig gespring het, is Dinsdag dood.

Sizwe Kupelo, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gesondheid, het bevestig dat die jong vrou gister in die waakeenheid van die Frere-hospitaal gesterf het.

Sy is intussen op sosiale media as Minentle Noqhamka geïdentifiseer.

Kupelo sê ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen moet word om die oorsaak van Noqhamka se dood te bepaal, aangesien haar dood aan “onnatuurlike” oorsake toegeskryf word.

Maroela Media het vroeër berig dat Noqhamka, vermoedelik ʼn student aan die Walter Sisulu-universiteit, glo op die bewegende Njala-voertuig gespring het toe die Springbokke ten aanskoue van hordes toeskouers op oop busse deur Bokkaptein Siya Kolisi se tuisprovinsie gery het.

Luidens ʼn berig op News24 moes Noqhamka se been weens die ernstige aard van haar beserings onder die knie afgesit word.

Die polisie het vroeër aan Maroela Media gesê dat die bestuurder van die pantservoertuig van roekelose en nalatige bestuur aangekla word. Dit is nog nie bevestig of dié klagte nou na ʼn ernstiger klagte omgeskakel gaan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Manie ·

Hulle kyk verby die oortreding deur op ‘n polisie voertuig te spring en wil seker weer van die polisie eis, dis mos maklike geldjies.

Juanita ·

Los die bestuurder uit man! Wie spring op ‘n bewegende voertuig? Ek gaan gou kyk of ek deur ‘n winkel se glas deur kan spring en dan die winkel eienaar aankla vir nalatigheid.

Cherokee ·

Was julle daar? Wil julle voorgee dat julle weet wat gebeur het? Moet nie rympies agtermekaar aanpraat nie, en hou kop. As die bestuurder van die Njala aangekla word, dan is daar rede daarvoor. Indien nie skuldig nie, kan dit verduidelik word. Hulle gee dikwels nie om vir die publiek nie, veral vanuit ‘n pantservoertuig.

Wondermaarnet ·

Dit is mos nie die bestuurder se skuld as mense hulle nie kan gedra nie. Geen reg denkende mens spring op ‘n bewegende voertuig nie.

Dink ·

Maak die saak hoe dit gebeur het nie. Soveel mense het so opgewonde geraak en wou sou graag net naby aan ons Bokke kom. Punt bly staan dat iemand se 20 jarige dogter, suster, kleinkind, vriendin oorlede is… en dit bly tragies. Al die ander goed is by sake. Harte is gebreek, ‘n leemte word gelos. Stel jouself voor …wat as dit jou kind of familielid was???

anna2023 ·

Ja, dit is baie hartseer vir haar familie, maar dit steeds nie die bestuurder se skuld dat sy op ‘n bewegende voertuig gespring het nie.

Cherokee ·

Dàn anna, kan die bestuurder dit self verduidelik. Jy hoef dit nie te doen nie.

popsa ·

Stem saam met jou, anna2023. Jou opinie maak sin. En Cherokee hoef nie so mislik te reageer as ander slegs ‘n opinie lug nie.

Dink ·

Maak nie saak hoe dit gebeur het nie. Soveel mense het so opgewonde geraak en wou sou graag net naby aan ons Bokke kom. Punt bly staan dat iemand se 20 jarige dogter, suster, kleinkind, vriendin oorlede is… en dit bly tragies. Al die ander goed is by sake. Harte is gebreek, ‘n leemte word gelos. Stel jouself voor …wat as dit jou kind of familielid was???

Anonymouse ·

Dankie. Mensig, as ek dink aan al die mal dinge wat jong (en nie so jonk) mense aanvang op een Vrydagaand, dan wil ek sommer al my kinders en kleinkinders in watte toemaak. Maar dis juis die ding, jong mense doen partymaal dinge wat miskien nie goed vooruit gedink is nie, maar meeste van hulle kom ongedeerd af. In plaas daarvan om te verlekker in die nagevolge (watter tipe mense doen dit?), dink liewer aan haar familie en vriende.

vuurvliegie ·

Los die bestuurder uit. Die vrou het op ‘n bewegende voertuig gespring. Dagvaar eerder die Polisie en Regering wat nie versperrings aangebring het om toeskouers te beheer nie.

Vriendelike Frikkie ·

Dis normale prosedure in die geval van ‘n onnatuurlike sterfte om ‘n saak van manslag oop te maak. Die ondersoek sal toon of dit strafbaar of strafloos gaan wees. En ook of daar enige vervolging moet wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.