Jap Burger getuig oor voortgesette staatskaping by Eskom

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Rodger Bosch/AFP)

Voormalige SAPD-brigadier Jap Burger het Woensdag by ʼn verhoor van die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) getuig. Burger het bewerings van korrupsie en wanadministrasie by Eskom onthul.

Die verhoor spruit uit ʼn proses wat in April begin het, toe Skoor die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, geroep het om bewyse te verskaf oor privaat intelligensieverslae wat met misdaad, korrupsie en aanskaffingskwessie by Eskom-kragsentrales verband hou.

De Ruyter se bewerings van grootskaalse ampsmisdrywe, tesame met bewerings dat die SAPD en die Valke versuim het om op die inligting te reageer, het Skoor genoop om Fannie Masemola en Valke-hoof Godfrey Lebeya te ontbied.

Lebeya het ontken dat hy kennis dra van De Ruyter se inligting en alhoewel Masemola aanvanklik ontken het dat hy weet waar brig. Burger hom bevind, is dit later as ʼn wanvoorstelling onthul.

“Brig. Burger het tydens vandag se verhoor benadruk dat ‘staatskaping’ steeds algemeen voorkom in staatsinstansies, met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) as voorbeeld,” sê Benedicta van Minnen, DA-lid by Skoor. Hy benadruk die gebrek aan politieke leierskap, wil en kapasiteit in die SAPD is die rede hoekom korrupsie nie doeltreffend by Eskom getakel word nie.

“Die onthullings laat vrae ontstaan oor die afwesigheid van samehangende beleide en riglyne om korrupsie in noodsaaklike nasionale instansies te takel. Die DA versoek duidelikheid en aanspreeklikheid en bepleit die oprigting van doeltreffende teenkorrupsie-agentskappe binne die SAPD.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

domheks ·

Die hele land se kaders is betrokke. Dis hoekom hulle nie dadelik vir Jap Burger gekry het om te getuig nie. Dit is hoekom daar kader ontplooiing moet wees. Wonder wat se die kaders nou wat vir Andre de Ruyter so swart gesmeer het.

Johann ·

Niwe ANC woord vir lieg: “wanvoorstelling”. En dit nogal deur Fannie? En niks kom van dit nie.

Samuel ·

Hierdie kommunistiese regering gaan SA op sy knieë dwing. Volgende jaar se algemene verkiesing gaan geen verskil aan ons situasie maak nie. Daarvoor sal die skelm kaders sorg.

hpven ·

Jy is reg, die verkiesing gaan geen verskil maak nie. Die afgelope 29 jaar spreek vanself want die opposisie partye doen niks anders as praat nie. Persoonlik mening, die opposisie moet privaat ondersoekers aanstel wat alle hangende asook nuwe sake van korrupsie ondersoek. Dit aanhoudend opvolg tot en met vonnis oplegging van die skuldiges. Dan eers sal die opposisie weer geloofwaardigheid verdien!

Bolandse Nooi ·

Jy is reg, Samuel, die 2024 verkiesing gaan sweet blou nothing verander aan ons situasie, WANT … die verkiesings word gekook. Talle stemme vir die opposisie word gediskwalifiseer of sommer plein weggegooi. Daarom mors ek geensins langer my tyd om te gaan stem nie.

Truman Burbank ·

Die kaders bepaal nie die resultate nie. Hul europese base doen

Ronél ·

Bonusse word betaal om die werkers se moraal te verbeter……………geen tot min krag, maar daar is “ONS” geld vir die kriminele.

Kokerboom ·

Dis absoluut skandalig. Plaas HELE ANC in ‘n staat van bekuldiging!!!

Martie Smartie ·

Die ANC moet eintlik jaarliks begroot vir korrupsie en diefstal deur die staat/ politici. Want dis feite.

Truman Burbank ·

Waarom het oom Andre nog geen name genoem? Hy is mos nou veilig oorsee. Ek se nie dat daar nie korrupsie ens was nie. Daar was baie en is nog steeds. Maar waarom swyg hy oor die name? Omdat vier vingers terug wys na hom?

Truman Burbank ·

Toe praat die minister sy mond verby en noemdat loadshedding eintlik in 1997 begin het. Wat nou meer sin maak vir die “sinistêre plan”. Want die engels is meer beskrywend van wat gebeur. Dit gaan oor meer as krag onderbrekings. Die infrastruktuur kon net nie byhou by die “groot plan” nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.