Volgens dié peiling is die meeste stemgeregtigdes ten gunste daarvan dat die regering alleen gesondheidsdienste lewer.
Alles vir Woensdag 15 November 2023
‘Alles soos verwag’ in matrieks se geografievraestel
Nadat matriekleerders ʼn onstuimige tyd met die chemievraestel gehad het, was van hulle verlig toe Dinsdag se geografievraestel “soos verwag” saamgestel is.
Temba sal nie voorkeurbehandeling geniet
“Op die ou einde is niemand groter as die span nie. Dit geld vir Temba (Bavuma) en enige ander speler.”
‘Vreemde opgooi-voël’ is Nieu-Seeland se mooiste
Die komediant John Oliver het sy gewilde televisieprogram gebruik om by Nieu-Seeland se kompetisie in te meng en kykers gemaan om vir dié spesie te stem.
Gold One-myn: NUM maak toegewing oor ooreenkoms
“NUM het die verantwoordelike besluit en standpunt ingeneem om die werk en lewe van onskuldige werkers te beveilig.”
Kommerwekkend min polisiereserviste oor
In die afgelope tien jaar is die polisie meer as 90% van sy reserviste kwyt, terwyl die misdaadstatistieke deur die dak styg.
Drukgroep hof toe oor Tshwane se uitsetting van haweloses
Meer as 30 hawelose mense voer aan dat die metropolisie hulle met geweld verwyder het en op al hul besittings beslag gelê het, insluitend materiaal wat hulle vir skuilings gebruik het.
Wêreldrugby gooi gewig in agter beamptes
Wêreldrugby het sy wedstrydbeamptes ondersteun nadat daar in Nieu-Seeland berig word dat Aaron Smith se drie in die Wêreldbeker-eindstryd eintlik geldig was.
Israeliese magte nou ín Gasa se grootste hospitaal
Die Israeliese magte bestempel dit as “ʼn presiese en doelgerigte operasie teen Hamas in ʼn bepaalde gebied” van die fasiliteit.
Geliefdes oorsee? Kom kuier saam met ander wat agterbly
“Hierdie sal die ideale geleentheid wees om ’n waardevolle ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wat die verlange te veel raak.”
Resep: Oondgebraaide witvis
Gesonde kos is lekker kos!
Gedig: In Absentia
“Hier het ek jul in my hart saamgedra as als soms te veel was of soms net as vreugde dit vra.”
Capedry: Van gestoofde droëvrugte tot ʼn middaghappie vir skoliere
Capedry bied die volle waardeketting – van die boom in die grond tot in die pakkie wat jy by die huis oopmaak om heerlike gestoofde droëvrugte as bykos te bedien of in jou kind se skooltas vir ʼn middaghappie in te pak.
500 jaar van die Protestantse gesangeboek
So het Luther die fondament gelê vir ʼn singende Christendom, en is dit geen verrassing nie dat die Lutherse Kerk komponiste soos JS Bach en GF Händel kon oplewer nie; beide kenners van Luther se teologie.
Identiteit, waarde en kleinserigheid
Ek, my identiteit en waarde is dus geborge vir tyd en ewigheid en nie van mense afhanklik om dit te bou of te behou nie.
Kom ons praat oor die staat se onbevoegdheid
Terwyl hierdie gebrek aan verantwoordbaarheid en vermoë in die staat vele oorsake het (soos kaderontplooiing), het die regering daarin misluk om sy personeel voldoende op te lei en toe te rus om hul mandaat na te kom.
Plantdief tot tien jaar tronkstraf gevonnis
Tydens die verhoor het die streekshofaanklaer, adv. Sherlaine Smith, die impak van hierdie oortredings op natuurbewaring en die gemeenskappe waar hierdie plante gestroop word, beklemtoon.
Vrou swanger in albei baarmoeders
ʼn 32-jarige vrou van die Amerikaanse deelstaat Alabama wat met twee baarmoeders gebore is, is tegelykertyd in albei swanger.
Minister erken finansiële wangedrag kos staat R1,5 miljard in een jaar
“Die departement van staatsdiens en administrasie se gebrek aan streng optrede teen staatsamptenare wat by finansiële wangedrag betrokke is, is besig om ʼn kultuur van straffeloosheid te verskans en skrik nie oortreders af nie.”
Google Maps gaan Nyanga vermy ná voorvalle
ʼn Amerikaanse toeris is sowat ʼn week gelede in die gesig geskiet in Nyanga nadat die navigasiestelsel hom deur die woongebied geneem het om verkeer te vermy. In Augustus is die Britse chirurg Kar Hao Teoh (40) in Nyanga doodgeskiet.