Soorte resepte:

Resep: Oondgebraaide witvis

Oondgebraaide witvis. (Foto: Lapa Uitgewers)

Gesonde kos is lekker kos!

Lewer 4 porsies.

Bestanddele

  • 4 witvisporsies soos stokvis, Kaapse weiting of koningklip (± 400-450 g)
  • visspeserye of sout na smaak
  • 125 ml Crosse & Blackwell Trim-slaaisous
  • 125 ml ongegeurde laevetjogurt
  • 2 Pro-Vita-beskuitjies, fyngerol (± 12 g)
  • 50 ml gerasperde parmesaankaas (20 g)
  • knippie paprika
  • 25 ml gekapte vars pietersielie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Plaas die visporsies in ’n oondbak en geur dit liggies met visspeserye of sout. Meng die slaaisous en jogurt en skep dit oor die vis. Bak dit 20 minute.
  3. Meng die beskuitjiekrummels, parmesaankaas en paprika en strooi dit egalig oor die gereg. Bak dit nog 12 tot 15 minute totdat die vis gaar is en maklik vlok. Strooi gekapte pietersielie oor.
  4. Bedien dit met oondgebakte aartappelskyfies en beet- of wortelslaai.

Bron: Goeie vet
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.