Soorte resepte:

Capedry: Van gestoofde droëvrugte tot ʼn middaghappie vir skoliere

(Foto: Capedry)

Hier in die hartjie van die klein Karoo, aan die voet van die Langeberge, lê ons pragtige dorpie, Montagu. Tussen die berge wissel ons temperature van baie warm in die somer tot baie koud in die winter. Dit is ook een van die redes waarom ons klimaat en droëvrugte mekaar komplimenteer.

Cape Dried Fruit Packers (Capedry) het in 1991 ontstaan, hoofsaaklik as ʼn droëvrugte-uitvoerder van Kaapse boomvrugte. Oor die jare heen is daar baie lesse geleer en bedreigings is omgeswaai na geleenthede. Dit sluit natuurlik nie uitdagings soos Transnet, die wisselkoers en droogtes wat buite ons beheer is, in nie.

(Foto: Capedry)

Een van die beste besluite wat ons oor die jare kon neem, was om uitgesoekte produsente die geleentheid te gee om as aandeelhouers deel te word van Capedry. Behalwe vir die interne voordele wat dit vir almal in ons groep skep, diversifiseer die areas waar ons produk vandaan kom, sodat ons uiteindelik die beste produk moontlik aan die eindverbruiker kan lewer. Op so ʼn manier vestig ons ons wortels diep in landbou en probeer, soos almal anders in die bedryf, permanente werk skep om ʼn positiewe bydrae tot ons land se ekonomie te lewer. Ons werknemers is immers ons belangrikste bate en verskeie van hulle werk al so lank as 31 jaar by Capedry.

Dit is vir ons belangrik dat die eindverbruiker moet besef dat ons die volle waardeketting bied – van die boom in die grond tot in die pakkie wat jy by die huis oopmaak om heerlike gestoofde droëvrugte as bykos te bedien of in jou kind se skooltas vir ʼn middaghappie in te pak. Daarmee saam is dit ook vir ons belangrik dat die eindverbruiker moet weet dat droëvrugte gesond is, juis omdat dit ʼn belangrike deel van jou dieet vorm as gevolg van sy vitamien, vesel en antioksidante. Dit is ook ʼn produk met ʼn lang raklewe, veral wanneer dit korrek gestoor word.

Indien jy die voorreg het om Montagu te besoek en by ons fabriekswinkel kan inloer, is daar ʼn wye verskeidenheid van produkte teen bekostigbare pryse. Dit sluit nie net droëvrugte in nie, maar ook neute, sade en ander verwante produkte soos plaaslike olyfolies, beskuite en natuurlik ons handgemaakte en tradisionele konfyt -en blatjangreeks.

Jy kan boonop ligte etes by ons bistro geniet en die omgewing se wyn, teen kelderpryse, aankoop. Op Saterdae om 11:00 bied ons ook ʼn gratis trekkerrit aan waar jy in seisoentye vrugtebome wat bot, vrugte dra en/of gedroog word, kan sien.

Besoek anders gerus ons aanlyn winkel by www.onlineshop.capedry.co.za.

Maak gereed vir Kersfees met Capedry se gratis aflewering landwyd, sodra jy meer as R850 aanlyn bestel. Gebruik die promosie kode CAPEDRYXMAS by “checkout” tot 14 Desember!

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.