Israeliese magte nou ín Gasa se grootste hospitaal

Só lyk die Al Shifa-hospitaal deesdae van buite. (Foto: AFP)

Israeliese magte het Woensdag Gasa se grootste hospitaal bestorm in die hoop om toe te slaan op wat dié land vermoed ʼn ondergrondse Hamas-bevelsentrum is wat in  tonnels onder die Al Shifa-hospitaal bedryf word.

Youssef Abu Rish, adjunkminister van gesondheid in die Hamas-beheerde Gasa-strook, bevind hom tans in die hospitaal en het aan AFP gesê hy kan tenks in die kompleks sien en “talle soldate en kommando’s in die ongevalle-eenheid en ontvangs”.

Die Israeliese weermag het op sy beurt gesê die operasie word uitgevoer op grond van “ʼn operasionele noodsaaklikheid” en het dit as “ʼn presiese en doelgerigte operasie teen Hamas in ʼn bepaalde gebied” van die fasiliteit bestempel.

Volgens die Verenigde Nasies (VN) is ten minste 2 300 pasiënte, personeellede en daklose mense in dié stadium in die hospitaal vasgekeer weens voortslepende gevegte tussen Israeliese soldate en Hamas-magte in die omgewing.

Ooggetuies sê die toestande in die hospitaal is haglik met mediese prosedures wat sonder verdowing plaasvind, gesinne wat met min kos of water in hospitaalgange woon terwyl die stank van ontbindende liggame in die lug hang.

“Liggame lê verstrooi in die hospitaalkompleks en daar is nie meer elektrisiteit by die lykshuis nie,” het Mohammad Abu Salmiya, direkteur van die hospitaal, voor die Israeliese weermag se operasie gesê.

Die weermag het in afwagting op kritiek gesê ontruimingsroetes vir burgerlikes is vooraf verskaf. Die owerhede in Gasa, wat volgens Israel deur Hamas bestuur word, is ook 12 uur vooraf kennis gegee om enige militêre operasie in die hospitaal te staak.

“Ongelukkig is dit nie gedoen nie,” het die Israeliese weermag gesê voordat daar weer ʼn beroep op “alle Hamas-terroriste wat in die hospitaal teenwoordig is” gedoen is “om oor te gee”.

Pasiënte en daklose mense by die beleërde Al Shifa-hospitaal. (Foto: AFP)

Volgens die Israeliese weermag het sy grondspanne ook medici en Arabiessprekendes ingesluit “wat spesifieke opleiding ondergaan het om vir hierdie komplekse en sensitiewe omgewing voor te berei”.

Abu Rish het op sy beurt ʼn beroep op die internasionale gemeenskap en die VN gedoen “om onmiddellik en dringend in te gryp om die Israeliese stormoperasie te beëindig”.

ʼn Joernalis in die hospitaal wat met AFP saamwerk, het gesê Israeliese soldate het Woensdagoggend mense ondervra, onder wie pasiënte en dokters.

Die Withuis het vanoggend kort nadat die klopjag begin het sy kommer oor die veiligheid van burgerlikes herhaal.

“Ons ondersteun nie [pogings] om ʼn hospitaal uit die lug te teiken nie en ons wil nie ʼn skietery in ʼn hospitaal sien nie,” het ʼn woordvoerder van die Nasionale Veiligheidsraad gesê.

Die amptenaar het voorts gesê daar mag nie ’n situasie ontstaan waarin “onskuldige mense, hulpelose mense, siek mense wat die mediese sorg probeer kry wat hulle verdien, in die kruisvuur beland nie”.

Hamas het Woensdag gesê Biden is “geheel en al verantwoordelik” vir die aanval op die hospitaal. Die Palestynse militante groep en het ook Biden se administrasie daarvan beskuldig dat hy Israel “die groen lig gee … om meer slagtings teen burgerlikes te pleeg”.

Die Israeliese weermag hou egter vol sy bedoeling met die operasie is om “burgerlikes wat deur Hamas as menslike skilde gebruik word geen skade te berokken nie”.

Israel meen ook dat die militêre gebruik van die hospitaal sy “beskermde status onder internasionale reg in gedrang bring stel”, ʼn bewering wat baie internasionale menseregte-prokureurs weerlê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Manie ·

Lafhartige optrede om ‘n hospitaal as skild voor te hou. Ek wonder wat sou julle profeet hiervan dink?

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Hierdie stryd is deel van die Koue Oorlog II, ‘n stryd om die Westerse beskawing te vernietig. Die bose magte word gedryf deur ‘n minderwaardigheidskompleks en jaloesie op die Weste se prestasies op die gebied van tegnologiese uitvindings, kultuurskatte, ekonomiese vooruitgang en demokratiese lewenswyse. Hoe onderhandel mens met sulke bose magte wat die Joodse volk wil vernietig?

Jan Jacobs ·

Watse joodse volk, die klomp wat Jesus verwerp,sjame julle bly in lala land.

hpven ·

Mens onderhandel nooit met bose magte waaronder ook terroriste. Waar het onderhandelings Suid Afrika gebring? Ons beleef tans die resultaat daarvan!

Manie ·

Korrek. Niemand het ook omgegee toe 800 000 Tutsi’s in 1992 deur die Hutu’s in Rwanda uitgemoor is nie, dit was mos net ‘n Afrika aangeleentheid.

De Villiers ·

Jan Jacobs, as dit nie vir Jesus se genade was nie sou jy hom ook verwerp het…

hpven ·

Jan Jacobs, daar is tans baie Christene wat Israel ondersteun, selfs daadwerklik bystaan. Kyk onder “Israel military volunteer”. En daardie mense word nie betaal, moet op eie koste daarheen vlieg asook terugkeer. Jy kry drie etes per dag en ‘n slaapplek in ‘n militêre basis. Israel en daardie mense veg ook vir die voortbestaan van die Christendom!

Frances ·

Jan, Israel bly God se uitverkore land en die Jode, bly Sy uitverkore nasie. Ons kan nie wat in die Bybel staan betwis nie en dit is defnitief nie n lala land storie nie!

Jan Jacobs ·

Waar in die bybel staan, die jode is die uitverkore volk. Antieke Isreal is die uitverkore volk, jood beteken judeer, afstammeling van juda, daar is 11 ander stamme. En daar is indringers ook, soos die bybel se Jesus het hulle addergeslag genoem, en die plante wat my Vader nie geplant het nie. N gedeelte van Isreal vandag is jode maar hulle is min, die die meerderheid is zionniste, afkomstig van die kazare. Gaan lees dit maar op.

Jan Jacobs ·

De Villiers, Jesus het vir hulle gese gaan Weg addergeslag, julle het die Satan as Vader. Jy word nie gered as jy vol hard in jou sonde nie, moord veral van kinders is onverskoonbaar, Jesus het ook gese laat die kindertjies na my toe kom.

Schalk ·

Jan, dit wat jy nou aanhaal is in die boek Johannes, niemand weet wie die skrywer van daai boek was nie. Maar wie ookal die skrywer was, was suksevol agv van hom word Jode gehaat, hy en Martin Luther is die stigters van antisemistisme.

Anje ·

Daar is ook Christene in Gasa. Onthou dit…. En kleine kinders. En oumense en siekes en en en…. Israel maak geen vriende in hierdie wereld nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.