Drukgroep hof toe oor Tshwane se uitsetting van haweloses

Nkosinathi Sikhona en Thapelo Mogoai is van die haweloses wat in Burgerspark woon. (Foto: Silver Sibiya/GroundUp)

Deur Silver Sibiya, GroundUp

Menseregteprokureurs beplan om die Tshwane-metro hof toe te sleep nadat tientalle hawelose mense Vrydag uit Burgerspark verwyder is.

Meer as 30 hawelose mense voer aan dat die metropolisie hulle met geweld verwyder het en op al hul besittings beslag gelê het, insluitend materiaal wat hulle vir skuilings gebruik het.

Baie van die mense sê hulle woon sedert 2020 in die park en maak staat op herwinnings- en stukwerk.

Die prokureur Louise du Plessis wat die drukgroep Prokureurs vir Menseregte se grond-, behuisings- en eiendomsregprogram bestuur, sê die metro moet die gebied help skoonmaak en aanbied om hawelose mense na toevlugshuise te neem, eerder as om hulle sonder ʼn uitsettingsbevel te verwyder.

“Die metro het die mense verwyder sonder ʼn uitsettings- of hofbevel. Dit is om hierdie rede dat ons die metro hof toe vat,” sê Du Plessis.

Sy is tans besig om ʼn dringende aansoek te finaliseer sodat dit volgende week in die hof aangehoor kan word. Sy wil hê die hof moet die metro dwing om die hawelose groep te vergoed vir hul besittings wat beskadig en waarop beslag gelê is.

“Hulle het besittings soos identiteitsdokumente en dokumente vir maatskaplike toelaes verloor.”

Volgens Du Plessis het 27 van die mense wat sy verteenwoordig reeds na die sypaadjie naby Burgerspark teruggekeer.

Een van hulle is Thapelo Mogoai wat vroeër in Soweto gewoon het. Mogoai, wat oorleef deur blikkies en bottels te herwin, het gesê dat al sy herwinningsmateriaal verwyder is en sy tydelike tent is deur die beamptes vernietig.

“Hulle het deur my tasse gegaan. Ek het so magteloos gevoel. Ek wou nie my bottels, wat ek verkoop, verloor het nie. Dit is my geld,” het hy gesê.

Mogoai het in Desember 2020 haweloos geword nadat sy ouers aan Covid-19 dood is.

Jacob Masindwa, ʼn hawelose man wat oorspronklik van Klerksdorp in Noordwes kom, het gesê die metropolisie het sy klere, toiletware, kos, identiteitsdokument en selfoon gevat.

“Vir die metropolisie om ons sonder ʼn bevel te verwyder, is ʼn bewys dat ons nie regte het wanneer ons op straat woon nie.”

Nkosinathi Sikhona van Mabopane het gesê hy het ook baie goed verloor insluitend bankkaarte en klere.

“Dit het Sondagaand gereën en dinge vererger. Ek het inderhaas ʼn klein hut van kartondose en plastiek opgerig,” het hy gesê.

Sikhona het gesê hy droom daarvan om eendag sy eie herwinningsonderneming te besit.

Lindela Mashigo, woordvoerder van die Tshwane-metro, sê die metro kan nie in hierdie stadium kommentaar oor die saak lewer nie.

Oor Prokureurs vir Menseregte se verwagte hofaansoek het Mashigo gesê “dit sal moeilik wees om kommentaar te lewer oor die wettigheid van die uitsetting en of die metro wettig opgetree het of nie”.

“Mense het in die algemeen die reg om die hof te nader om enige verligting te soek waarop hulle glo hulle geregtig is. Die hof sal dan oor die saak beslis.”

In Oktober verlede jaar het die metro sy eerste telling van hawelose mense gedoen, wat aan die lig gebring het dat werkloosheid die hoofoorsaak van haweloosheid in die stad is. Altesame 4 177 mense is destyds as haweloos getel.

  • Die berig is oorspronklik op GroundUp gepubliseer en word met vergunning op Maroela Media gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

annie ·

Oooh ja, die ID’s is weg… En nou is hulle SA- burgers nog-altyd-gewees-fontein…

Sobymykoolkop ·

Hoekim in eerste plek gaan plak waar jy weet jy mag nie.Speel dan dom daar sal iewers ń ” menseregte” prokureur opspring.Kom mnr. mensereg prok en help hulle laat.Laat hulle toe om tent op te slaan in jou ruim erf en sypaadjie.

Gertdup ·

So hulle kan plak en mors soos hulle wil en die omgewing soos ñ seer oog laat uitstaan? Hulle het deesdae meer regte as die belasting betalende inwoners!!

Waarom ·

Wil jy nou meer. Prokureur du Plessis teenwoordig sonder vergoeding mense wat in die eerste plek op grond plak wat hulle nie besit nie. Skande

Manie ·

Julle mag nie op straat plak nie, julle ontsier en bemors die omgewing en is ‘n veiligheids risiko vir belaster betalers in die omgewing.

Nicky ·

Ek bly ook op straat hulle het my tv gevat wat aan die robot gekoppel was, my bankkaart wat nog baie geld in het, my surround sisteem, en my huis afgebreek wat van karton gemaak is ????

Pietertjie ·

Hulle het nie geld vir ordentlike blyplek nie, maar hulle het geld (en kennis) om hofsake te maak oor hulle onwettige bedrywighede.

Toffie ·

Die menseregteprokureurs kan hulle met liefde inneem om by hulle te kom woon, sommer in die huis.

Zollie ·

Ek wonder of Louise du Plessis hulle sou verteenwoordig het as hulle voor haar huis tent opgeslaan het. Orals waar hulle bly lyk soos ‘n vullishoop van al die papiere en gemors. ‘n Varkhok is skoner. My ma het altyd gesê, mens kan arm wees maar darem netjies.

Pieter ·

Ai tog Mnr Prokkie gaan groot help hulle soos van die opmerkings gee hul n plekkie in jou tuin

Elize ·

Hierdie prokureur is gevaarlik. Laat die plakkers sommer by jou tuisgaan dan is die probleem opgelos. Lyk my daar is te min werk vir haar daarom vat sy hierdie saak aan

Goldy ·

Linkses sal beskawing vernietig vannaf alle kante. Toe julle drukgroep mense, staan by julle gewete en laat die mense in hulle spaarkamer kom bly, of in julle tuin, maar sonder om duur huur te vra natuurlik.

Hussin ·

Gepraat van mense regte, wat van die mense watse eiendoms waarde deur die plakkers verwoes is? Waar is hulle regte? Maar hulle het kastig nie regte omdat hulle op straat woon nie. Twak. Verder lieg hulle waarskynlik oor hulle ID’s is hulle enigsins burgers van die land? Maar nee, die mense het nou eenmaal meer regte.

Tokkel ·

Wat net vir my snaaks is, is dat hulle geld het vir drank, soos wat jy sien voor hul staan.
Hulle het almal blyplek en almal van hulle het kinders, maar dit is lekker in SA, want ons land lyk al soos ‘n vullishoop met almal wat shacks opslaan. Dit is hoogtyd dat hulle verwyder word. Was nou die dag hierin die Kaap waterfront toe….mense dit lyk net so sleg daar by die robot en langs die pad. Daar is skuilings, hoekom word hierdie mense nie verwyder nie. Dit is nie meer veilig om op straat meer rond te loop nie. SA raak ‘n vullishoop soos die regering!!

Elsje ·

Mnr die prokureur, tot hul voor jou huis of besigheid begin plak, en hul besigheid agter n bossie doen. Hier by Centurion was die stank so erg. Hoekom mag hul plak net waar hul wil. Die staat laat die buitelanders inkom sonder enige geld of werk, en dan word hul die belastingbetaler se probleem en die groot base van SA sit in hul mooi huise…….. Hoekom gee hul nie vir die mense blyplek nie.?

Marthinus Johannes ·

Gaan terug na waar julle Vandaan kom, Soweto, Atridgeville, Hammanskraal If Shoshonguwe. Burgerspark is n openbare ontspannings terein en nie n nuwe township nie.

Francois ·

Klink vir my na ons eie midde-ooste situasie. Almal is baie vinnig om Israel te veroordeel en hofsake te maak, maar die Arabiese bure en niemand anders wil die Palestyne vlugtelinge by hulle self toelaat nie….??!! Hoekom?? Dieselfde hier – kruisig en veroordeel die Tshwane Raad, maar hou tog net die probleem op n afstand van die klaers self!!!

J. J. ·

Dit was altyd een van Pretoria se spog-parke, NIE ‘n plakkerskamp nie, gooi hulle uit. Hulle kan nie net oral gaan plak nie.

PersHeks ·

Ek skaam my vir jou Me prokureur Louise du Plessis. Plaas dat jy mense help wat dit regtig nodig het!!!!!!!

Ronél ·

Die BYBEL sê duidelik: In die laaste dae sal dit was reg is verkeerd wees en andersom, of jy glo of nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.