SA Rugby oor Njala-voorval: ‘Ons deel familie se smart’

Die Springbokke tydens hul segetoer in die Oos-Kaap. (Foto: Twitter / Springboks)

SA Rugby sê hy “deel die smart” van Minentle Noqhamka se geliefdes nadat dié 20-jarige student tydens die Springbokke se segetoer in die Oos-Kaap beseer en dae later dood is.

“Die bekertoer-vieringe het ten doel gehad om die vreugde van sukses en oorwinning te deel, en dit is aaklig dat dit vir dié familie in hartseer ontaard het. Ons deel die familie se smart,” het Mark Alexander, president van SA Rugby, gesê.

Noqhamka is Dinsdag in die waakeenheid van die Frere-hospitaal dood nadat sy op 5 November glo op ʼn bewegende Njala-voertuig gespring en ernstige beserings opgedoen het.

Die voorval het tydens die Springbokke se segetoer in Oos-Londen in die Oos-Kaap plaasgevind. Haar been is ná die voorval afgesit.

“SA Rugby is hartseer oor die nuus van ’n tragiese voorval gedurende die feesvieringe van Suid-Afrika se 2023-Rugbywêreldbekeroorwinningstoer.

“Ons betuig ons innige meegevoel aan Minentle Noqhamka se familie en vriende nadat haar lewe so skielik deur hierdie verskriklike ongeluk kortgeknip is.”

Die oorsaak van Noqhamka se dood is in dié stadium onbekend en ʼn nadoodse ondersoek sal binnekort gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

VannieBaai ·

Dit is nie ‘n “tragiese ongeluk” nie. Dis bladdy stupidgeit!!!!!

lollapot ·

Absoluut! Oorlamsgeit… Wie in die eerste plek spring nou op n voertuig wat nie aan jou behoort nie?

Anel ·

Daar is nie pille vir dimgeit nie. Dit is nou sulkes wat op universiteit sit. Hoop die polisiebeampte wat die voertuig bestuur het, kry ‘n oopkop prokereur want hy het niks verkeerd gedien nie.

Karoo ·

Dis “tragies” dat iemand so onverantwoordelik was en gedink het hulle kan veilig op ‘n bewegende voertuig spring. Nou word die bestuurder aangekla van roekeloose bestuur????

Ronél ·

Iemand wil weer net geld uit die saak maak…………die student was waar sy nie hoort nie!!!

Herman ·

Ons moes van bewegende Samils en Buffels afspring….. Se maar net

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.