Die saak sal bepaal of die bevindings en aanbevelings wat deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) gemaak word, bindend is of nie.
Lees meerAlles vir Maandag 29 Mei 2023
Spoedvrate in Kaapstad se vlerke geknip
Van die oortredings was 139 km/h in ʼn 60 km/h-sone; 137 km/h in ʼn 70 km/h-sone en 150 km/h in ʼn 80 km/h-sone.
‘Verdriet, woede’ ná gru-moord op ma
Stephan Pretorius het Maandag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn op aanklagte van moord. Hy word daarvan beskuldig dat hy petrol oor sy vrou, Charlene, uitgegooi en haar daarna aan die brand gesteek het.
Kommer oor water in Vredefort
“Die gesondheid en welstand van die gemeenskap is op die spel en dringende stappe moet gedoen word om die tekortkomings in waterbehandeling reg te stel en besoedelingsrisiko’s te takel.”
Eskom ontken kortlys oor nuwe hoof
Eskom distansieer homself van ʼn “finale kortlys” vir die amp van groepshoof vir die kragvoorsiener wat na bewering uitgelek het.
Thabo Bester: Geen borgtog vir vier wat help met ontsnapping
Die voormalige tronkbewaarder Nastassja Jansen is vrygelaat op borgtog van R10 000.
Video: Gids bemagtig ouers, kinders teen kuberboeliery
“Ons moedig ouers aan om hulself goed van hierdie apps en hoe dit werk te vergewis sodat hulle hul kinders beter kan beskerm.”
ToekomsVenster: Op pad na oorwinning
Ons is eweneens oorwinnaars in Christus Jesus, maar ons loop ook die pad van en na oorwinning.
Ramaphosa ‘kop in sand’ oor erns van waterkrisis
“Die uitbreek van die wateroordraagbare siektes wat ons tans ervaar, is bloot ʼn simptoom van ʼn groter probleem, en dit is die endemiese korrupsie van die ANC.”
Afrikaanse Bybel nou 90 jaar oud
Vandag is daar meer as 6,8 miljoen Suid-Afrikaners wat Afrikaans as huistaal praat en met dankbaarheid kan terugkyk op daardie geskiedkundige dag in 1933 toe die Bybel vir die eerste keer in ons moedertaal uitgegee is.
De Ruyter-boek vlieg van rakke, breek rekord
“Dit is grotendeels te danke aan De Ruyter, ʼn dapper fluitjieblaser wat geweier het om blatante uitbuiting en misdaad te ignoreer.”
‘Noem hul name’; talle wil opruk na Paarl-streekshof
Die byeenkoms is deel van ʼn groter veldtog teen geslagsgebaseerde geweld in Suid-Afrika. Dit vind boonop plaas saam met die bekendstelling van die polisie se kwartaallikse misdaadstatistieke.
“Diereregte-isme” vermoor ons wild
Wanneer ons regering, ons staatsdepartemente en/of ons staatsamptenare die diereregtebeweging toelaat om straffeloos binne ons samelewing te funksioneer soos vandag die geval is, is ons dus eintlik besig om georganiseerde misdadige bedrywighede binne die Suid-Afrikaanse samelewing by te staan.
Jong man sterf by ‘gevaarlike kruising’ in Pta-Oos
Die gemeenskapsorganisasie Community Caring Forum (CCF) vra al jare lank dat die Tshwane-metroraad ʼn klein sirkel by hierdie besige en gevaarlike kruising aanbring.
Fase 6 skop in; Solidariteit verwag ‘grootste aanvraag nóg vanjaar’
Die vertraging met die inwerkingstelling van verskeie opwekkingseenhede dra by tot Eskom se treurmares.
Meeste beroepslui ten gunste van vierdag-werkweek
Daar is dalk groot steun vir ʼn korter werkweek, maar kenners waarsku dat dit moontlik nie die enigste of beste oplossing vir verbeterde werkerswelstand is nie.
Nou jaag Natasha ʼn nalatenskap, nie net Mej. SA-kroon
“Daardie tipe skok en teleurstelling wat ek in 2021 in myself ervaar het, was my grootste mislukking, maar is nou ook my grootste dryfkrag.”
Kaapstad kry rekordgetal aansoeke vir sonpanele
Duisende aansoeke – waarvan die meeste in residensiële gebiede – is sedert Februarie ontvang.
Oorsprong van cholera-uitbreking steeds onbekend
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het vroeër vanjaar gewaarsku dat cholera ʼn “verwoestende terugkeer” maak nadat daar jare lank ʼn voorgesette afname in gevalle was.
Huis, paleis, hok, pondok? Dalk, maar bowenal myne
Hoe spaar ʼn mens vir ʼn huisdeposito? Leon-Ben Lamprecht gee raad.